Hennie Pienaar

Rapport-gebruiker

Niks word gedoen al bloei dit op paaie

deur Hennie Pienaar 2012-07-28 23:25

Dit was skokkend om te verneem van die mees onlangse padslagtings waarin talle mense omgekom het.

Die jongste was die skoolbus-en-taxi-ongeluk in die Oos-Kaap waarin sovele gesterf het, na bewering deur die toedoen van die taxibestuurder.

Maar hoeveel ongelukke waar taxi’s betrokke is, gaan nog gebeur voordat iemand ingryp en enigsins probeer om iets aan dié kritieke saak te doen?

Ongelukke van dié aard, soos busongelukke, is feitlik nie meer nuus nie, maar kan Suid-Afrika dit langer bekostig? Ongelukke kos die land miljoene rande, en dan praat ’n mens nie eens van die verlies aan lewens, die kundigheid wat só verlore gaan en die hartseer van talle en talle familielede nie.

Suid-Afrika beskik ongelukkig nie oor die luukse van openbare vervoer soos dit in Europa en Amerika geken en ervaar word nie.

Taxi’s en busse is Suid-Afrika se enigste nasionale vervoermiddel, veral vir die minderbevoorregtes wat steeds nie hul eie vervoer, soos motors, kan bekostig nie.

Talle kere word die bestuurder uitgewys as die oorsaak van die ongeluk. Dit is juis waar begin moet word om maar net te probeer om ongelukke te vermy.

Dan is daar ook die bewerings dat die taxi-eienaars onregstreeks daarvoor verantwoordelik is dat taxi’s soveel ritte as moontlik per dag of per skof moet aflê om die maksimum inkomste te verseker.

Die probleem is myns insiens uitgewys, maar waar lê die oplossing?

Ek kan nie sien dat die miljoene pendelaars wat daagliks by hul werk of elders moet uitkom in die afsienbare tyd ’n veiliger opsie as taxi’s en busse gaan hê nie, maar wat doen die regering, die sakewêreld en die vakbonde om te probeer dat vervoer in Suid-Afrika veiliger word?

Niks nie, net mooi niks nie.

Die pogings om ’n Suid-Afrikaanse minister as die hoof van die Afrika-Unie aangewys te kry, ekonomiese betrekkinge met China (nie noodwendig verkeerd nie) of finansiële hulp aan buurstate word as veel belangriker geag, maar intussen bloei dit op ons paaie.

Sal iemand wat kan help met ’n oplossing die hand opsteek? Ons het dit dringend nodig!

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-25°C High level clouds. Mild. Pta: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-22°C Sunny. Mild. Bfn: 10-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-26°C Early fog followed by sunny skies. Mild. PE: 15-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!