- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Ontleed ook dié syfer
deur Nantes le Grange, Mbombela
2012-08-19 00:19
Die berig “Min leen só geld vir nuwe vuurwa” in Sake24 (12 Augustus) het betrekking.
Luidens die berig reken kleinhandelsbanke die verband tussen die groei in ongesekureerde lenings en die skerp toename in nuwevoertuigverkope in ’n swak ekonomiese klimaat is volgens hul data onbeduidend.
Ek wil graag weet watter uitwerking die wanbesteding van R11 miljard se munisipale geld op dié syfers het. Die R11 miljard sluit nie wanbesteding deur provinsiale regerings of selfs die nasionale regering in nie.
Sou daar dalk ’n persoon wees wat ’n raming kan maak van watter uitwerking dit op die verkope van nuwe voertuie sou hê indien korrupsie en die diefstal van belastingbetalersgeld heeltemal uitgeroei word?