- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Pak nou liewer die stryd teen ANC aan
deur Frans Calitz, Somerset-Wes
2012-07-14 16:01
Anton van Niekerk is al weer van mening dat Hermann Giliomee apartheid vergoeilik. Dalk moet die twee here bymekaarkom en die geskil finaal besleg sodat daar op die onkapabele ANC gekonsentreer kan word.
Ons het al genoeg om verskoning gevra. Apartheid was ’n euwel, maar is geskiedenis.
Die huidige euwel is Jacob Zuma en sy kaders wat nes die destydse ministers kop omlaag vorentoe storm en die land vernietig. Zuma is die verpersoonliking van die onkapabele Afrika wat met stamkultuur as basis volgens Westerse waardes probeer regeer.
Ons land is ’n bloudruk van wat in Afrika aangaan waar oningeligte massas met maatskaplike toelaes gepaai word terwyl die staatskoffers geplunder word.
My Skotse vriend wat baie jare in Afrika deurgebring het, het tydens die verkiesing van April 1994 gewaarsku: “Only some divine or alien intervervention can save this country from total obliteration.”
Profetiese woorde, want ons is op die rand van die afgrond.
Die ANC glo blykbaar nie in ruimtewesens nie, want hulle gaan “regeer tot Jesus kom”, maar steur hulle gerieflikheidshalwe nie aan die voorgeskrewe riglyne van die evangelie nie.
Bedrog en diefstal is aan die orde van die dag. Die oplossing vir al die probleme is in die hande van die ANC.
Die boodskap is: Vergeet van transformasie en hou op steel en julle sal verbaas staan oor die goedgunstigheid en bereidwilligheid wat daar by wit en bruin mense is om te help keer ons word soos Afrika.
Alleen kan hulle dit nie doen nie. Dis ná 18 jaar baie duidelik. Die hele Afrika bevestig die stelling, want die Weste moet kort-kort ingryp om kospakkies af te gooi as die mielies aan die brand gesteek word.