Koos van der Merwe, LP

Rapport-gebruiker

Passie vir rugby koel af oor dié gestoeiery

deur Koos van der Merwe, LP 2012-09-16 01:16

My passie vir rugby is aan die afkoel. Ek het self eerste liga in Pretoria en Noord-Transvaal- proewe gespeel en kyk rugby van kindsbeen af.

Waarom dan die afkoeling?

Die volgende dreineer my rugbypassie:

1. Rugby se grootste kenmerk vandag is ’n moerse gestoei.

2. Laagvatte bestaan omtrent nie meer nie. Ouens word om die lyf gegryp en soms om die nek.

3. Wat maak die voorspelers in die agterlyn? As ’n buitesenter probeer breek, loop hy hom in ’n paar voorspelers vas.

4. Ons speel nou stormramrugby: Twee of drie bondel saam en storm dan reg in die opponente in wat op hulle staan en wag en dan stoei hulle en stoei en stoei.

5. Wedstrydplanne is heeltemal voorspelbaar: Veral die paar voorspelers wat keer op keer die opponente stormram. Vervelig is die woord.

6. Waarom word so diep afgeskop? Jou spelers kom elke keer te laat by die bal en die opponente behou dan besit. As jy vlakker afskop, kan jou spelers baie keer die bal kry.

7. Aanhoudende bevele van die afrigters af: Kyk gerus op TV hoe afrigters te kere gaan, op radio’s bevele uitskree en jou laat wonder wanneer kry die arme man ’n hartaanval.

Nee wat. Ons ou manne huil oor die lekker ou rugby wat verby is – toe jy oop rugby gesien het. Manne wat die hele veld vol gespeel het.

Toe die enigste beloning wat jy ná ’n harde wedstryd gekry het, jou eie bevrediging was. O ja en ’n halwe lemoen rustyd.

Dit was heeltemal genoeg vir iemand wat lief vir rugby was.

Daardie dae was groot.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Robin Mc Dee sê... Blip - saam met al die aliasse wat jy gebruik, reken jy, jy is nou in die meerderheid ! Hihihihihi Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.