Dr. Pieter Mulder, VF+-leier

Rapport-gebruiker

Potch wys politieke rigting aan

deur Dr. Pieter Mulder, VF+-leier 2012-12-02 00:19

Die Potchefstroomse oorwinning van opposisiepartye oor die ANC, hoewel net tydelik, illustreer die politieke opsies vir die toekoms.

Die belangrikste voorwaarde vir so ’n toekomstige sukses is om die regte resep vir samewerking te kry. In Potchefstroom is ’n DA-burgemeester verkies met ’n meerderheid van 20 teenoor 19. Die VF+ se twee stemme het die verskil gemaak.

Op ’n onlangse vergadering van opposisiepartye in Durban het ek weer eens besef hoe ingewikkeld die Suid-Afrikaanse politiek is.

Ek was die spreker saam met dr. Mangosuthu Buthelezi (IVP), Mosiuoa Lekota (Cope), Lindiwe Mazibuko (DA), dr. Kenneth Me­shoe van die ACDP en ander leiers. In die geesdriftige gehoor was ondersteuners van al dié partye, die meerderheid IVP-lede. Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle anti-ANC is, maar ook vir geen ander party as die IVP sal stem nie. Op dieselfde wyse het die ACDP’s aan my verduidelik hoe belangrik hul beginsels vir hulle is. Hulle wil anti-ANC maar pro-ACDP kan stem. As hierdie IVP- of ACDP-ondersteuners gedwing word om vir die DA, die VF+ of ’n nuwe eenheidsparty te stem, gaan hulle buite stemming bly.

Ons kiesstelsel is ontwerp om te keer dat een party alleen al die mag het. Die fout by Kodesa was om te dink die ANC gaan van die begin af minder as 50% kry. In Europa kry die sterkste partye so 40%. Dan moet dié party met ander partye saamwerk om 50% te kry. Die ANC gaan iewers in die toekoms van hul huidige 65% tot minder as 50% sak. Dan is dit belangrik dat opposisiepartye verantwoordelik saamwerk.

Die regte wenresep, soos in Potch, is een wat dit vir kiesers moontlik maak om téén die ANC te stem, maar steeds ook vir hul voorkeurparty.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.