Jan Langenhoven, per e-pos

Rapport-gebruiker

RSG wurg taallonge

deur Jan Langenhoven, per e-pos 2012-11-24 23:31

In hierdie dierbare land het ons wragtigwaar soms geen keuse nie. Almal móét maar by Eskom krag koop, by Telkom ’n lyn huur, by die SAPD oor diefstal kla en, as jy Afrikaans is, boonop na Radbraak Sonder Grense (RSG) luister!

Oorle’ oom Fanus Rautenbach het voor sy dood sommer oor die radio gesê hy kry dit nie meer oor sy hart om in te skakel nie. En Anton Prinsloo sê taktvol hy wens hulle wil ’n taaladviseur aanstel. Ons gewone sterflinge wat die radbrakery met bedroewende mistroostigheid moet trotseer, het egter nêrens ’n plek om ons lot te bekla nie.

As dit soms in ’n program deurskemer dat taalkritiek ontvang is, kry jy die gevoel dat omroepers maar bra afwysend daarteenoor staan en eintlik halfbo kritiek verhewe is. Of dit blote slordigheid (of skandelike onkunde) is wat hulle noop om gewone, gesonde, kleurryke, idiomatiese Afrikaans vir grusame Engelse segswyses of beklemtoning te verruil, kan mens maar net raai.

Wat sou die verskoning wees vir die matelose krompratery? Miskien dat dit postmodern is, of alternatiewe taalregisters, of bloot weersin in die vermeende vloek van Standaardafrikaans?

Ek dink ek sal Eskom en Telkom op ’n manier oorleef, maar Radbraak Sonder Grense werk soos ’n progressiewe siekte – dit krap eers jou taalmaag om, wurg dan die asem uit jou taallonge en uiteindelik tree versaking van jou taalhart in.

Bestaan daar dan geen teenmiddel nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.