Izak Bergh, Marchand

Rapport-gebruiker

Revolusie, en Nkandla brand...

deur Izak Bergh, Marchand 2012-10-20 23:51

Die ANC-regering bly vir my ’n enigma. ’n Eeu lank het hierdie vryheidsbeweging ’n struggle gevoer teen ongelykheid en diskriminasie deur die minderheidsgroep wit mense.

Van hul leiers was hoogs morele mense van onkreukbare karakter. Toe selfs die meeste wit Suid-Afrikaners die onreg erken en sonder slag of stoot die mag oorgee, het daar ’n golf van euforie en optimisme oor die land gespoel.

Die wit mense was verlig dat die albatros van apartheid van hul nekke af was en dat hulle die beskaafde wêreld in die oë kon kyk. Die voorheen benadeeldes het gejubel, want die kettings was los. Spoedig egter het ons drome in nagmerries ontaard.

Behalwe dat hulle oorweldig was deur hul nuutverkreë mag, het hulle ook nie ’n ervare, gevestigde burokrasie gehad nie. Ook was daar talle vrybuiters sonder integriteit wat begin plunder het.

’n Nuwe, gewetenlose struggle om mag en rykdom het versprei. Die beweging se beginsels, edele motiewe en hoë ideale het weggesink in ’n moeras van korrupsie aangedryf deur mag- en hebsug.

Wat onverstaanbaar is, is die onvermoë van die leierskorps om te besef dat as die staat misluk (en ons is op pad daarheen) sink hulle saam met die res. Hulle trek eerder laer om hul beskermheer, Jacob Zuma.

Nog erger is die moontlikheid van ’n gewelddadige revolusie met Nkandla in vlamme.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . Toe toe toe Maka Drama, jy't darem seker die guts om op te volg op my antwoord? Dat David moet afgekort waord as Dawie? Eintlik het ek nie 'n probleem daarmee nie, (daar is wel sommige vriende en familielede wat my wel Dawie noem) maar wel het ek 'n duimaf met 'n doellose woordelose duimaf. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.