Rapport-gebruiker

Wilmot James: SEB-beleid verseker inklusiewe ekonomie

deur 2012-10-05 12:42

In Frans Cronjé se rubriek wat twee weke gelede in hierdie ruimte verskyn het, argumenteer hy dat die DA sy tradisionele kiesersbasis verloën met sy beleid oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Inteendeel. Sy kritiek laat buite rekening dat die DA se voorstelle oor SEB daarop gemik is om ’n inklusiewe ekonomie te vestig deur ’n sterker fokus te plaas op opleiding en werkskepping as basiese steunpilare vir bemagtiging, en om ’n ondersteunende omgewing te skep vir klein ondernemings – die enjin vir groei.

Die DA glo dat hierdie inklusiwiteit primêr bewerkstellig kan word deur ’n groeiende ekonomie waaraan ’n groeiende poel Suid-Afrikaners kan deelneem. Ons meningspeilings toon dat ons “tradisionele” én ons potensiële kiesers ons beleidsvoorstelle ondersteun.

In sy kritiek op ons beleid maak Cronjé drie fundamentele foute. Eerstens beweer hy dat daar niks nuut in die beleid is nie.

Ons maak in der waarheid tien voorstelle wat die wyse waarop SEB toegepas word ingrypend kan verander.

’n Tweede punt sluit hierby aan. Cronjé reken dat ons benadering tot bemagtiging suiwer rasgebonde is. Ons beleid bevat egter vier verskillende voorstelle waarin ons aanbeveel dat ’n meer inklusiewe, ras-blinde benadering gevolg word.

Dit sluit in: Die erkenning dat werkskepping ’n bydrae lewer tot sosio-ekonomiese ontwikkeling – ongeag die rasprofiel van die werknemers wat die poste opneem.

Ook die erkenning dat alle jong Suid-Afrikaners moet en kan baat vind by ons voorgestelde jeugloon-subsidieprogram en ’n aanbeveling dat beleggings in opleiding vir enige persoon wat minder as R15 000 per maand verdien as ’n bydrae tot vaardigheidsontwikkeling erken word.

Laastens moedig ons gevestigde ondernemings aan om alle klein ondernemings te ondersteun.

Cronjé voer ook aan dat SEB rassisties is omdat dit die verantwoordelikheid vir bemagtiging aan “wit mense” toeskryf.

Hierdie standpunt aanvaar dat alle ondernemings deur wit mense besit word en dat daar geen swart besluitnemers in die ekonomie is nie.

Die SEB-wetgewing en telkaart was nog nooit beperk tot wit sakeondernemings en besluitnemers nie.

Dit is ’n uitnodiging aan elke Suid-Afrikaanse onderneming om tot ekonomiese inklusiwiteit by te dra.

Die beweegrede agter die DA se benadering tot SEB is dat ’n situasie waarin ’n groeiende poel mense om al hoe minder geleenthede meeding, nie volhoubaar is nie.

Die fokus is op opleiding, werkskepping en ondersteuning vir klein ondernemings en sal altyd sentraal tot die DA se ekonomiese beleid wees.

Ons huidige SEB-benadering stel teikens vir 2017 en daar word voorsiening gemaak vir ’n herevaluering van die gepastheid van die beleid vir Suid-Afrikaanse werklikhede.

Ons glo dat daar ’n vensterperiode moet wees, waarna alle ondernemings in Suid-Afrika in ’n ras-neutrale omgewing behoort te funksioneer.

Ons het ’n inklusiewe ekonomie nodig om ’n inklusiewe samelewing te bou. Die DA se voorstelle sal presies dít doen.

Dr. Wilmot James is die DA se skadu-minister van handel en nywerheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Recruitment Consultant (Graduate)

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Objective C Mobile Developer

West Rand
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

PR Eng Design Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R650000 - R750000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.