- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Skewe perspektief?
deur Günther Engelbrecht, Pretoria
2012-07-21 23:58
Frans Cronjé se rubriek “Rassistiese staat baat wit mense” in Rapport (17 Junie) het betrekking.
Dit is maklik om diskriminasie uit te lig en só die uitgangshoek as ’n feit voor te hou. Of is die punt nie om perspektief te behou nie?
Is die syfers van 6% teenoor 30% werkloses in perspektief gestel teenoor 52 miljoen “inwoners” in Suid-Afrika?
Het die ANC nie toegelaat dat miljoene immigrante al voor 1994 die land instroom en só Frans Cronjé se perspektief skeeftrek nie?
Suid-Afrika is tot 1994 deur al die inwonders van die land ontwikkel en ondanks die Grensoorlog was die skole, hospitale, paaie, watervoorsiening en -suiwering en opleidingsinrigtings op peil. Voorgaande perspektief is skeef, maar dis ’n feit.
Die Britte moes, net soos die NP-regering, die tuislande van meer skole, hospitale en universiteite voorsien het.
Sodoende sou die ekonomiese ontwikkeling grense laat “verdwyn” het.
Frans Cronjé, benodig Suid-Afrika nie eerder kalmerende regstellende aksie soos dat verkeersreëls weer getrou deur alle voertuigbestuurders nagekom of met hoë boetes gestraf word nie?
Of dat onbekwame kaders uit regeringsposte verdwyn en deur opgeleide en toegewyde landsburgers vervang word nie?
Of wat van die e-tolpaaie? Is dit geregverdig teen dubbel die koste van die duurste paaie in ander wêreldlande?