Taliep Katgriep, Johannesburg

Rapport-gebruiker

Solidariteit mislei met Woolworths

deur Taliep Katgriep, Johannesburg 2012-09-09 01:16

Solidariteit se veldtog teen Woolworths se sogenaamde “diskriminasie” teen wit mense is besig om te ontaard in ’n massa-histerie en is totaal ongegrond.

Dié vakbond is besig om oningeligte mense te mobiliseer om sy eie agenda te bevorder – ’n taktiek wat sterk herinner aan wat die ANC graag doen, en waarvan Solidariteit die party graag beskuldig.

Die feit van die saak is dit: Woolworths se topstruktuur is oorwegend wit.

Sy werknemers wat die ­winkels beman, is oorwegend swart.

Dit strook nie met die Suid-Afrikaanse demografie nie en die winkelgroep probeer dit regstel, ingevolge die land se bemagtigingswetgewing.

Enige groot maatskappy wat nie dié wet nakom nie, is in die moeilikheid.

Woolworths se mededingers het presies dieselfde teikens en pas die wet op presies dieselfde wyse toe.
 
Maar sedert Solidariteit besluit het dat Woolworths die groot sondebok is, word trollies vol gelaai en dan net so in die winkels gelos.

Solidariteit vra mense om ­foto’s te neem van Woolworths se kassiere om vas te stel ­hoeveel van hulle kwansuis wit is.

Iemand vertel my hy boikot Woolies omdat hulle “al die wit mense gaan afdank”.

Solidariteit wend ook geen poging aan om rassistiese en oningeligte opmerkings op sy Facebook-blad te verwyder of selfs aan te spreek nie.

Hierdie soort optrede is aspris, ondeurdag en onnodig.

Solidariteit se pogings om ­gelykheid in die werkplek te bevorder is meestal prysenswaardig, maar hierdie veldtog is ’n studentikose boelie-taktiek wat Woolworths die skuld ­probeer gee vir sekere wit ­mense se ontnugtering met die uitdagings van post-apartheid Suid-Afrika.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.