- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
T-hemp ’n soeke na sensasie
deur Sarel Myburgh, Montana
2012-11-17 23:20
Roger Young se T-hemp met die bewoording “I benefited from apartheid” (Rapport, 11 November) verdien reaksie.
Ek stem volkome met Young saam dat wit mense móét erken hulle het voordeel uit apartheid getrek. Ek weet ook van min wat dit steeds nie erken nie! Om ’n T-hemp te dra om dit te beklemtoon, is net ’n soeke na sensasie.
Ek wil vir Young vra om na Liberië en Ethiopië te vlieg en te gaan kyk hoe lyk dit in dié twee Afrika-lande wat nooit kolonialisme geken het nie.
Gaan kyk hoekom Liberië een van die wêreld se armste lande is. Hoekom Liberië se bruto binnelandse produk (BBP) die derde laagste in die wêreld en die werkloosheidsyfer 75% is. Slegs 17% van Liberiërs het toegang tot voldoende sanitasiegeriewe. Daar is ’n gebrek aan infrastruktuur en vervoerkoste is hoog.
Sedert ’n militêre bewindsoorname in 1980 word die land gekenmerk deur politieke en ekonomiese onstabiliteit (klink dit vreemd?). In twee burgeroorloë sedertdien is 250 000 mense dood en 85% van dié land se inwoners lewe onder die internasionale broodlyn.
Dit is Afrika op sy beste. Voorbeelde hiervan in Afrika is legio.
My vraag is: Hoekom is Liberië en Ethiopië nie die diamante van Afrika en die wêreld nie, lewende voorbeelde van Afrika-vooruitgang en -sukses nie? Nee, Suid-Afrika lyk nie soos Liberië nie om een groot rede: wit mense.
Die wit mense se kundigheid, kennis en insette het Suid-Afrika gemaak wat dit vandag is, iets wat die huidige regering baie vinnig besig is om tot niet te maak.