- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Usain Bolt kan ook in geloofswedloop wen
deur Tap Kruger, Umtentweni
2012-08-25 22:56
“Ek is die beste atleet wat ooit geleef het.”
In sy oomblik van glorie kan die briljante Usain Bolt tereg so ’n verklaring maak; nie uit arrogansie nie, maar uit pure blydskap! Wat ’n skouspel was die Spele nie! Ons gewone mense kon maar net hande bymekaarslaan en ons verstom aan die grasie, krag, balans, soepelheid, fisieke skoonheid en sportmangees van die wêreld se sportlui.
Bolt se prestasies span inderdaad die kroon! ’n Mens dink vir ’n wyle met empatie egter ook aan sy gedugte teenstanders wat in ’n ander seisoen ook wêreldkampioene kon wees.
Opvallend, moontlik profeties, was dit in die eeue oue Olimpiese stad Athene waar die apostel Paulus op die Areopagus ’n treffende boodskap aan die inwoners gebring het: “Hom dan (’n onbekende God) wat julle vereer, sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.” (Hand. 17:23)
Usain Bolt maak ’n kenmerkende vingergebaar en kyk op na die hemel voor elke wedloop.
Mag hy in die wedloop van die lewe gelei word om ook spontaan ’n verbale belydenis van geloof in Jesus Christus, sy Skepper, te maak.