Daryl Swanepoel, PBF

Rapport-gebruiker

Verkeerde indruk oor forum

deur Daryl Swanepoel, PBF
2012-02-04 14:43

In Rapport van 29 Januarie word oor partypolitieke finansiering in Suid-Afrika geskryf, met ’n aantal onakkurate stellings wat die verkeerde indruk van die ANC Progressiewe Besigheidsforum (PBF) se werk wek.

So word daar gesê: “Vir ’n aansienlike som kan ’n mens PBF-lidmaatskap koop, wat beteken dat jy genooi word na byeenkomste met ANC-leiers wat toevallig ook regeringsdepartemente lei en beleid formuleer... In Suid-Afrika het dit ’n beduidende bron van inkomste vir die ANC geword.” Só gestel, klink dit of die ANC op ’n geldbron afgekom het wat dit opsluit gaan benut, of dit nou eties is of nie.

Daar is egter niks sinister in nie: Die tariewe word wél op ons webtuiste geadverteer – tot R7 500 per jaar vir die afdeling vir klein, middelslag- en mikro-ondernemings en ietwat meer vir groter maatskappye. Kwalik beduidende bedrae en allermins bedrae wat enigiemand tot korrupsie sal oorhaal.

PBF-deelnemers besef die waarde van tweegesprek. Veral in ’n ontwikkelende land soos ons s’n, met sy reuse-uitdagings, is dit belangrik vir korporatiewe Suid-Afrika en die ANC om oor die ekonomie te praat.

Die bewering dat die PBF sy lede op staatsbeheerde en staatsgefinansierde handelsmissies saamnooi, is eenvoudig onwaar.

Die PBF reël, en sy deelnemers betaal self, hierdie handelsmissies; trouens, die PBF dek selfs die uitgawes van die ANC-minister wat die missie vergesel.

Kritici erken dat partye geld moet werf om doeltreffend te funksioneer – soos in enige moderne demokrasie. Diegene wat hierdie praktyk kritiseer, kan gerus laat weet hoe partye “eties” geld kan insamel.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.