Jan Venter, Bloemfontein

Rapport-gebruiker

Vir onsself het ons genade; nie vir gays

deur Jan Venter, Bloemfontein 2012-07-14 16:01

In die Bybel is daar talle teksverse wat ons noop om klippe te begin soek as ons ’n homoseksuele medeburger teëkom (soos aan ons opgedra in Lev. 18:22, 20:13 en etlike ander tekste).

Maar voordat ons die eerste klip optel, laat ons gerus eers ’n bietjie verder lees:

Eks. 35:2: “… Elkeen wat op dié (Sabbat-) dag werk, moet doodgemaak word.”

Lev. 7:23: “… Julle mag geen vet van beeste, skape en bokke eet nie.”

Lev. 19:27-28: “Julle mag nie… die hare voor die ore en die wangbaard knip nie.”

Lev. 11:2-8: “Julle mag nie die vleis van … die kameel, dassie, haas of vark eet … of selfs aan hulle karkasse raak nie.”

Lev. 12:2: “Wanneer ’n vrou ’n seun in die wêreld bring, is sy … onrein.”

Lev. 20:10: “Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van ’n medeburger, moet doodgemaak word.”

Daar is talle ander soortgelyke ondubbelsinnige opdragte.

Volgens statistieke beteken dit ongeveer 10% van die bevolking moet weens hul homoseksuele neigings uitgewis word, ’n verdere 41% weens egbreuk en ek skat nog 95% wat op die Sabbat “houtjies optel” (of kosmaak).

Dan is daar nog al die ander “gruweldade” waarvoor oortreders ook “uit die gemeenskap verwyder moet word”.

Daar gaan waaragtig niks van ons ou volkie oorbly as ons al hierdie Bybelse opdragte letterlik toepas nie. Dan praat ek nog nie eens van ons stout seuns wat ons buite die stadspoorte moet gaan stenig, of ons dogters van wie ons gelukkig winsgewend ontslae kan raak deur hulle in ooreenstemming met Eks. 21:7 as slavinne te verkoop nie.

Laat ons dus liewer eers noukeurig introspeksie doen voordat ons begin argumente versamel waarmee ons die arme homoseksuele “veroordeeldes” wil verdoem.

Ek glo hulle verdien net soveel begenadiging as wat ons, as klipgooiers wat self een of meer van hierdie wette oortree, onsself toe-eien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
185 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

Maka Drama sê... Einste Stellenbosch wat eens die bakermat was en die alma mater was van al apartheid se heel grootste geeste -- Malan, Verwoerd, Vorster... En wat botweg hul rug gedraai het op hul bruin streeksgenote en hul self fisiek met geweld te lyf geloop het in die "Slag van Andringastraat". Wat nie 'n bruine op hul kampus wou toelaat as hy nie 'n tuinier of skoonmaker was nie. Maar wat nou 'n gemene saak probeer uitmaak met bruines asof ons al eeuelange vennote en vriende is. Ja, die ironie is amper so erg soos die huigelary. My vyand se vyand is nou skielik my vriend. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.