Willem van Vuuren, Wellington

Rapport-gebruiker

Voorwaardes vir sport as ‘n staatsprojek in diens van nasiebou

deur Willem van Vuuren, Wellington 2012-02-18 14:59

Met die goeie bedoeling om ons te weerhou van ‘n ‘onrealistiese toekoms’ wat nie rekening hou met die ‘werklikheid’, ‘noodsaaklikheid’, en ‘onvermydelikheid’ van nasiebou nie, neem prof. Julian Smith ons ongelukkig terug na ‘n onrealistiese verlede van verwagtings oor nasiebou. Die oorgang van ‘n outoritêre apartheidstaat na ‘n grondwetlike demokrasie stel nie nasiebou as ‘n prioriteit nie, maar vereis eerder die uitbouing van konstitusionalisme en konsolidering van demokratiese instellings. Dít moet, en kan, die raamwerk bied vir projekte van nasionale samehorigheid. En nie andersom nie.

Indien ons sport as ‘n staatsprojek in diens van nasiebou wil stel, moet dit steeds ondergeskik bly aan konstitusionalisme en demokrasie, en nie soos onder apartheid en in die ou totalitêre diktature, waar sport, en nasionale sportsukses wat aan ‘n selfregverdigende idee van die nasie gekoppel was, misbruik is vir die legitimering van politieke dominasie nie.

Watse nasie moet ons bou? Goed, sekerlik nie die van Afrikaner nasionalisme wat wit/Afrikaner dominasie moes regverdig nie. Maar watter van die twee ANC tradisies met betrekking tot nasiebou moet ons implementeer? Die Charteriste se rëenboognasie wat aan alle bevolkingsgroepe gelyke regte en kulturele ruimtes toeken, of ‘n Afrikanistiese nasie wat neerkom op ‘n rasse-hiërargie waarin getalsterkte en velkleur groepsdominasie en ongelykheid regverdig - soos wat duidelik die heersende praktyk vandag is, ten spyte van Charteristiese lippetaal.

Die Stellenbosse filosoof, Johan Degenaar, het byna twee dekades gelede al voorgestel dat ons die ‘romantiese oefening’ van nasiebou moet los ten gunste van die moeilike taak van demokrasieskepping. Dit beteken dat ons wegbeweeg van n nasiebou diskoers en gevaarlike ‘nasie’ idees wat as selfregverdigende konstruksies van dominerende partye dien. Want dit sal help om ons te verlos van n Jimmy Manyi-tipe demografiese reduksionisme wat vereis dat elke segment van die openbare lewe ‘n demografiese weerspieëling moet wees van ons politieke heersers se ideologiese beeld van ‘Die Nasie’.

Die siening van sport as `n middel tot reënboog-nasiebou (eenheid in diversiteit) is nie te bevraagteken nie. Twee wêreldbekers in rugby en die positiewe reaksie van n breë spektrum Suid-Afrikaners het daardie nut vir ons bewys. Maar moet die nasieboufunksie soos in totalitêre state verhef word tot ‘n absolute noodsaaklikheid en die hoogste waarde van sport, veral as dit ‘n bepaalde hegemoniese idee van die nasie dien wat soos apartheid rasgebaseerd, hiërargies en verdelend is?

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!