Rex de Koning, Gouritsmond

Rapport-gebruiker

Vrylating van tronkvoëls ondermyn reg

deur Rex de Koning, Gouritsmond 2012-05-05 15:19

Die voorbladberig van Rapport van 29 April met die aankondiging dat duisende gevangenes gouer vrygelaat word, is ontstellend. Méér ontstellend omdat oorvol tronke kwansuis ook daarby baat sal vind.

Glo pres. Jacob Zuma dat die burgerlike samelewing, wat gebuk gaan onder toenemende misdaad, ook by sy besluit sal baat vind?

’n Belangrike komponent by die oplegging van straf is dat dit as afskrikmiddel moet dien. Swak funksionering van die regstelsel sal ’n bydraende faktor by misdaad wees indien misdadigers nie vir hul dade boet nie. Dit misken ook slagoffers se regte.

Die enigste begenadiging wat geregverdig kan word, is dié van jeugdiges in die tronke. Selfs húl vrylating moet met omsigtigheid geskied.

Ingevolge art. 12 van die Grondwet het elke Suid-Afrikaner die reg op persoonlike vryheid en veiligheid. Dit sluit in die reg op vryheid van alle vorme van geweld: Die staat is verantwoordelik daarvoor om die gemeenskap teen misdaad te beskerm.

Dié reg op vryheid en veiligheid word baie hoog aangeslaan. Indien dié vryheid ontneem word en die staat versuim om oortreders te straf, bly hy in gebreke om mense behoorlik te beskerm en word die Grondwet misken.

Pres. Zuma se besluit verpolitiseer en ondermyn die regstelsel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Briewe-kommentaar

ChrisAkkedis sê... Dankie. Ek dink nie jy's 'n trol nie. Moet jouself nie daaroor bekommer nie. Ek laat mense toe om hulself te klassifiseer. Met genoeg selfkennis, en met 'n eksterne raamwerk waaraan jy jouself kan meet, kan jy self besluit of jy 'n trol is of nie. Mens moenie toelaat dat ander mense jou definieer nie. Dit maak dit makliker vir mens om nie emosioneel reaktief op te tree nie. Geniet jou dag. ;) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.