- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
WP aan die slaap
deur Hekkie Gerber, Groot-Brakrivier
2012-07-21 23:58
Die Mol is reg oor die WP-bestuur se gebrek aan insig oor die behoud van jong talent in die Kaap. Die Blou Bulle doen hul huiswerk en doen speleraankope tydig en oordeelkundig met groot geelwortels. Die kontrak met die briljante Bokkie Handré Pollard verbaas my nie in die minste nie.
Ek weet van ’n seun wat tans in gr. 11 is en reeds ’n kontrak met die Bulle gesluit het. Die WP-ploeteraars was aan die slaap!