- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
‘Wanpraktyke’ by US: die feite
deur Mohamed Shaikh, Universiteit van Stellenbosch
2012-10-13 23:14
In die berig “Suspi-sieuse gedrag lê Maties se sport glo lam” (Rapport, 7 Oktober) word verwys na wanpraktyke wat by Suspi blootgelê is: “Minstens een van dié drie se tugverhoor is nog nie afgehandel nie; hoewel die US-bestuur die raad verseker het dis afgehandel, het ’n top-amptenaar wat anoniem wil bly by navraag gesê?.?.?.” Dis ’n ander manier van sê die bestuur het die universiteitsraad mislei. Vir die rekord: Die feite rakende die dissiplinêre prosesse is korrek aan die raad gerapporteer en is so genotuleer.
Daar is ook niks verdag omtrent die kontrakte met Banyana Banyana en Basketbal SA nie. Die nodige fakture vir dienslewering is maande gelede uitgereik en betaling is afwagtend.
In die berig word die bou van die universiteit se swembad ook bygerakel. Die finansiering van die swembad was nooit afhanklik van Suspi nie. Nog minder het die gebeure by Suspi enige invloed op die vordering met die bou van die swembad gehad.