- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Waterval-gemeente ís koel
deur Dr. Willem Wiid, leraar
2012-02-08 10:15
Na aanleiding van die berig in MyTyd van Sondag 5 Feb 2012, Die kerk is nog koel: Die Waterval-gemeente in Newlands, Johannesburg, is inderdaad 'n koel gemeente, 'n baie unieke gemeente.
Ons is 'n kuierkerk met 'n personal touch wat daarna strewe om 'n stukkie hemel op aarde vir mense in die kerk te wees en mense in die kerk te bemagtig om 'n stukkie hemel op aarde in ons stukkende gemeenskap te skep.
Ons geniet nog kerk as 'n baie hegte familie en beleef 'n stuk groei terwyl ander kerke om ons vou.
Kom loer gerus in op 'n Sondag en kom beleef ons eredienste as 'n stuk kuiertyd van God met sy familie.