- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Wat’s konserwatief?
deur Vincent Marincowitz, per e-pos
2012-02-04 14:43
Ek sal graag by mnr. Max du Preez wil weet wat hy bedoel met die DA wat “konserwatiewe kiesers” moet “afskud” (Rapport, 29 Januarie).
Wanneer is iemand volgens hom konserwatief? Hoekom hoort konserwatiewe kiesers slegs by die VF+ of ACDP?
Is daar iets mee verkeerd om konserwatief te wees?
Kan dieselfde persoon op sekere gebiede konserwatief wees en op ander gebiede weer liberaal?
Hoekom kan ek as ’n konserwatiewe kieser nie vir die DA stem nie?
Volgens hom hoort konserwatiewe swart kiesers by die ANC. Hy wil dus ’n duidelike skeidslyn trek tussen die twee groepe en hulle dan toedeel aan ’n sekere politieke party.
Dit gaan ’n uiters moeilike taak wees vir die persoon wat hierdie taak sal moet uitvoer.
Ek hoor graag van mnr. Du Preez