Rapport-gebruiker

Word wakker oor jeug en dwelms

deur 2001-11-17 21:39

Jath van der Westhuizen, Kempton Park, skryf:

Ek verwys na Max du Preez se rubriek "Daar's 'n groter kwelling as misdaad" (Rapport, 4 November 2001).

As kundige op die gebied van dwelmgebruik onder tieners wil ek hom gelukwens met die oortuigende wyse waarmee hy die artikel geskryf het. Ek het nog geen soortgelyke artikel gesien waarin enige ander joernalis op so 'n nie-kompromitterende en kragtige wyse die saak só helder gestel het nie.

Suid-Afrikaanse ouers is oor die algemeen onkundig oor dwelmgebruik. Die gemiddelde tydperk wat tieners dwelms gebruik voordat die ouers dit agterkom, wissel tussen een en drie jaar. Dit is my eie ervaring.

In sommige gevalle het die ouers eers ná vyf tot nege jaar besef dis dwelms wat sulke vreemde gedrag veroorsaak by hul kinders, nie die feit dat hulle bloot moeilike tieners is nie.

As ouers gaan toelaat dat dinge so voortgaan, sal ons oor 'n dekade 'n tekort aan leierskap, tegnologie, intelligensie en entrepreneurskap hê.

'n Hele generasie wat dreig om uitgewis te word.

Die meeste ouers leef nog onder die indruk dat hul kind nooit dwelms sal gebruik nie. Die meeste kinders wat my kantoormat daagliks deurtrap, kom uit 'n konserwatiewe, christelike agtergrond.

Die kerk is na my mening oor die algemeen totaal onbewus van wat met sy lidmate se kinders aangaan. Toe 'n jeugleier my wou nooi na hul KJA-byeenkoms, het die predikant dit teëgestaan met die verskoning dat hulle bloot slapende honde gaan wakkermaak. Wel, die slapende honde is nou wakker, dis net die kerk wat nou uit sy droomwêreld moet wakkerskrik en iets pro-aktiefs omtrent die probleem moet doen.

Ek stem saam, ons fokuspunt is verkeerd. Terwyl daar gepraat word oor korrupsie, regstellende aksie, vigs, armoede, Big Brother, die swak rand en Afganistan, is daar 'n ander sluipmoordenaar wat besig is om ons jeug daagliks genadeloos af te maai.

Die feit dat Rapport duidelik sy opinie oor die saak uitspreek, lewer 'n waardevolle bydrae om dit by die publiek tuis te bring.

binne rapport

Weer
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!