Pieter van Niekerk

Rapport-gebruiker

Zuma ontken die vrug van medemenslike Christene

deur Pieter van Niekerk
2011-12-28 14:34

President Zuma se respek en waardigheid  kwyn nog verder met sy onlangse uitlatings oor Christene. Hy toon geen insig in die heersende sosio-ekonomiese tydgees nie. Sy begrip vir die snel veranderende post-moderne leefwyse is beperk.

Dit is waar dat die eerste kerk en later ook ander kerke in Suid-Afrika apartheid bybels regverdig het. Dié groot onreg het meeste kerke bely en is hulle pens en pootjies by die heling van ons land betrokke. Die impak wat industrialisasie, meganisasie en informasie het, word deur Zuma uit die oog verloor. Die rol van die myne destyds, die rekenaartegnologie vandag, die klimaatverandering, droogtes, wêreldgebeure  en verstedeliking  het ‘n groot sosiaal-maatskaplike omwenteling veroorsaak. Christene, gemeentes, kerke  se dienende aard het verreikende en verrykende gevolge in hierdie veranderde omstandighede.

Christene kan mense se harte verander en aan hul waardigheid gee. Die  politieke kommentator Matthew Parris se artikel "As ateïs glo ek werklik Afrika het God nodig" (By van 21.2.2009) gee uit ‘n verrassende  oord ‘n baie positiewe getuigskrif oor die Christelike geloof se impak op Afrika. Hy het as oortuigde ateïs onder die indruk gekom van die "enorme bydrae wat Christelike evangelisasie in Afrika lewer: dit is radikaal anders as die werk van sekulêre nie-regeringsorganisasies, regerings projekte en internasionale hulp pogings. Sulke pogings alleen werk nie. Opvoeding en opleiding alleen werk nie. In Afrika verander die Christelike godsdiens mense se harte. Dit bring geestelike transformasie. Die wedergeboorte is werklik." Dis die vrug van die Christelike geloof: dienende medemenslikheid!

Ons leef in 'n wonderlike tyd. Daar is ‘n nuwe entoesiasme vir geestelike diepte in die Christelike geloof. 'n Eietydse, verantwoordelike manier van glo, vernuwing en gestuurdheid is aan die ontwikkel . Dis nie orals aanwesig nie en ook nie noodwendig tot die kerk beperk nie.

Dis hoog tyd om dit hardop te sê: "Baie Christene is medemenslik, het deernis en stry vir reg en geregtigheid”!  Hulle is besorg oor die welsyn van die fauna en flora op die aarde, erken hul afhanklikheid van die natuur en ondersteun volhoubare en eko-vriendelike ontwikkeling. Hulle waardeer die ontwikkeling van die wetenskap. Hulle respekteer mense met ander geloofsoortuigings en sal as gelykes in gesprek met hulle tree. Hulle is gelowiges wat nie dogmas op ander afdwing nie. Hulle deel 'n gemeenskaplike menslikheid met ander en word nie deur die verskeidenheid en andersheid van ander bedreig nie, maar ervaar dit as verrykend. Hulle streef daarna om humaan op te tree, hulle erken die regte en vryheid van ander mense en ondersteun met ander belange-groepe 'n vry en demokratiese wêreld.  Hulle is Christen-humaniste. (John de Gruchy, 2006.  Being Human - Confessions of a Christian Humanist).

Die oudste kerk in die land, die NG/VG Kerk het in samewerking met ander geloofsgemeenskappe steeds baie te bied. Die spirituele diversiteit onder eie geledere, die nuwe politieke klimaat in die land en die kulturele andersheid onder die inwoners daag nie net die oudste kerk uit nie, maar alle geloofsgemeenskappe om nie ter wille van hulself en hul eie ideale te bestaan nie. Dis wat Christelike medemenslikheid beteken.

Christene  is in staat om met ander geloofsgemeenskappe versoenend te leef en geregtigheid te internaliseer en ander daarmee te bedien. Gelowiges is goed om mense met verskillende fisiese en emosionele seer pastoraal te ondersteun. Die herstel van menswaardigheid en geregtigheid geniet heelwat prioriteit.

Dit is so dat beginsels, waardes, oor dit waarin mense glo en nie glo nie vir Christene belangrik is. Maar die Christelike geloof  gaan  oor meer, oor menswaardigheid, medemenslikheid, verlossing wat gelowiges nie meer godsdienstig maak nie, maar meer volledig mens maak.

Dit is die nuwe mensheid van Christene wat 'n erkende ateïs soos Parris raak en ‘n verskil in 'n onmenslike samelewing maak. Dié mensheid van die Christelike geloof bepaal die waarde wat die Goddelike oorsprong definieer. God word deel van die mensheid en deur Christus kry die mense deel aan die Godheid. God word sigbaar deur 'n mens en deur die mens se lewe word God sigbaar, som myns insiens die evangelie in 'n sin op. Dis veral in hierdie Kerstyd dat ons hiervan bewus is.  Daar is dokters, verpleegsters, sielkundiges, beraders, onderwysers, gemeenskapswerkers, regslui wat onder haglike omstandighede op grond van hul Christelike geloof wêreldwyd mense dien. Nelson Mandela is 'n Christen-humanis. Hy was tydens sy studente jare aan die Universiteit van Fort Hare lid van die Studente Christelike Vereniging. Hy het Bybellesse aan mense in gehuggies  gegee.

Dis veral Christene en ander gelowiges wat weggooikinders en vergete bejaardes se waardigheid herstel.  Ons kan gerus erkenning gee aan die verskil wat Christene  aan mense se waardighed  bring.

Dis jammer dat dat daar ouetehuise en kinderhuise is, dit is gewoonlik te geïnstitualiseerd en onpersoonlik. Wat moet ons doen as daar nie ‘n heenkome vir duisende noodlydendes en verstotelinge elders is nie, en mense boonop meer selfsugtig en geldgierig raak?

President Zuma soek die oorsaak by die verkeerde plek, hy moet dalk eers voor sy eie deur vee, sy werf lê waarskynlik vol beendere van sy vorige feeste.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.