Robert Nel, Strand

Rapport-gebruiker

Zuma-vlugte skok nie eens nie

deur Robert Nel, Strand
2012-01-28 13:35

Die illustrasie op die voorblad van Rapport (22 Januarie) ter stawing van die drie bykomende vlugte wat pres. Jacob Zuma se Inkwazi vergesel het, het die meeste lesers seker nie eens geskok nie.

Die Suid-Afrikaanse bevolking is al so gewoond aan die geld-verkwisting dat enige bedrag onder R100?miljoen ’n welkome bonus is.

Daar is seker beter ingeligte lesers as ek wat sal weet of die Amerikaanse president, Barack Obama, se Airforce One ook so onbetroubaar soos Inkwazi is.

Sover ek weet, is Obama ook die leier van die Westerse wêreld en glo ek sy nie-bywoning van ’n beraad sal meer gemis word as dié van ons president.

Die eerste minister van die Britte vlieg met hul plaaslike lugdiens en sal seker wat wou gee om ’n Inkwazi vir sy eie gebruik te hê.

Wat maak die president van ’n Afrikaland wie se geldeenheid sleg afsteek teen die ander twee menere se dollar en pond dan so spesiaal?

Blykbaar kan die kraan in Afrika nooit toegedraai word voordat die dam heeltemal droog is nie.

Dan kan die Westerse lande ons mos uithelp met ’n lening en as hulle weier, kan ons “rassiste” en “julle het ons land verkrag” skreeu.

Die gemiddelde ondersteuner van die regerende party is seker nie eens bewus van die totale apatie van ons regerende party nie, en sal maar weer vir die ANC stem.

Soos Simon & Garfunkel gesing het: “New York, New York, to that tall skyline I come.”

Hulle het net vergeet om by te sit, “In total luxury and squander...”

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.