Manie Loubser, Witrivier

Rapport-gebruiker

'n Tweede Paulus?

deur Manie Loubser, Witrivier 2013-12-13 12:18

Wanneer ek kyk na die lewe van Mandela, sien ek merkwaardige ooreenkomste met Paulus in die Bybel.

Mandela het skool toe gegaan in 'n Metodiste skool, en so het Paulus ook intense opleiding as Fariseër ontvang.

Paulus het besluit om die Christene soos 'n besetene te vervolg, en so het Mandela ook besluit om die wapens op te neem.

Elkeen van hulle het die regte klanke gemaak in terme van wat hul meelopers in gedagte gehad het, ook met die motivering dat dit 'n stryd vir 'n goeie doel is.

Nadat Paulus vir Jesus op die pad na Damaskus ontmoet het, het hy eers 14 jaar in die woestyn deurgebring waar hy meer kon leer van Jesus se missie op aarde.

So het Mandela 27 jaar in die tronk deurgebring, waar hy op geen Sondag 'n erediens gemis het nie.

Toe albei uit hul “woestyn” kom, het hulle die wapen neergelê en hulself beywer vir versoening, juis ook met die mense wat vroeër hul vyande en teenstanders was.

Vandag word Mandela besing vir die groot prys (27 jaar in die tronk) wat hy moes betaal ter wille van sy beginsels.

As regsgeleerde het hy net so goed soos almal geweet dit het nie gegaan oor dit waarin hy glo nie, maar hy is skuldig bevind aan oortredings waarvoor enige regering in die wêreld iemand sou tronk toe stuur of teregstel.

Dit geld ook vir die huidige ANC regering.

Mandela se groot opoffering was nie noodwendig die 27 jaar in die tronk nie, maar sy bereidheid om gewildheid onder sy volgelinge op te offer om juis sy voormalige vyande te akkommodeer deur o.a. die Springbok-embleem te behou en Afrikaans by die volkslied in te sluit.

Daar was ook talle ander versoeningsgebare.

Dit vat meer moed as om tronk toe te gaan. Buitelanders verstaan dit, en ? mens hoor dit ook in hul toesprake.

Talle van Mandela se volgelinge, en mense soos Mugabe en Malema kry nie die boodskap nie, en hulle loof Mandela steeds net vir die stryd wat hy teen apartheid gestry het.

Uiteindelik sal die Mandelas se name nog vir geslagte onthou word, en die Mugabes, Zumas en Malemas sal  'n kort rukkie vir die verkeerde redes onthou word, waarná hul name in die vergetelheid sal verdwyn.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
90 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!