Chris Akkedis

Rapport-gebruiker

Afkophoender skop steeds

deur Chris Akkedis
2011-12-28 14:27

Vandat die ANC oor die wet op beskerming van inligting begin praat het, is joernaliste reg oor Suid-Afrika die hoenders in. Gewapen met pen en papier het die media oorlog verklaar teen die ANC.

Vandag spyt dit my om te sê dat hierdie oorlog een is wat die media gaan sukkel om te wen. Die magte wat agter die muilbandwet sit is te groot. Ons sien reeds politieke skuiwe op die regsbank.

Aan die een kant dink mens dit gaan net daaroor om korrupsie toe te smeer. Maar sien ons die groter prentjie?

Suid-Afrika is een van die vyf lande in BRICS wat op hierdie stadium lyk na die sterkste internasionale organisasie vir groeiende ekonomieë. Die VSA en Europa sleep vlerk dat dit bars om in die goeie boekies van China te kom, wat tans die derde grootste ekonomie in die wêreld het en gesien word as dié meneer in BRICS.

Die moontlikheid van so 'n verhouding lyk egter maar wankelrig met aantygings wat van beide kante kom.

In die New York Times van 14 Maart 2010 kry mens reeds 'n gevoel van 'n gespanne verhouding wat heers. Daar word verduidelik hoe China internasionale ekonomiese beleid omseil deur 'n fundamentele verskil tussen die twee grootste internasionale instansies uit te buit: die Wêreldhandel-Organisasie, wat streng afdwingbare strafmatreëls vir lande het wat buite internasionale beleid handel dryf, en die Internasionale Monitêre Fonds, wat optree as 'n waghond vir globale ekonomiese beleid, maar geen mag het oor China wat nie juis geld by hulle leen nie.

In die lig hiervan doen gerugte die rondte dat Beijing al sedert 2007 hard werk om 'n rits IMF verslae stil te hou wat daarop dui dat China doelbewus hulle valuta onderwaardeer.

China koop elke jaar buitelandse valuta, ter waarde honderde miljarde dollars, deur meer van hulle eie valuta te verkoop. Dit bring die waarde van die Renminbi af. Hierdie intervensie het China blykbaar tot soveel as 'n 46% groei in sy uitvoere gegee.

'n Paar ekonome sien teenstrydigheid in hierdie verwronge globale sisteem van ander-pad-kyk sover dit handel en valuta betref.

“Baie van ons sou graag wou sien dat die Wêreld Handel Organisasie se gebruik om oortreders se voete oor warm kole te hou ook toegepas word in ander internasionale organisasies soos die Internasionale Monitêre Fonds,” sê Jagdish Bhagwati, 'n ekonoom by die Universiteit van Columbia.

Sommige westerse lande hoop dat daar internasionale druk op China geplaas kan word nadat daar nou al vir jare gekla word dat Beijing die Renminbi kunsmatig laag hou.

Indien 'n land se valuta onderwaardeer word, maak dit uitvoere van daardie land af goedkoop in die buitelandse mark terwyl invoere duurder raak. Dit maak handelsoorskot meer waarskynlik, wat gevolglik die land wat sy valuta laag hou se werkloosheid verlaag terwyl sy handelsvenote se werkloosheid styg.

Toevallig is Suid-Afrika 'n handelsvenoot van China en ons het ook 'n werkloosheidsyfer wat by die dag slegter lyk. 'n Mens moet dus vra wie in Suid-Afrika munt slaan uit hierdie internasionale verhouding? Tot dusver lyk dit beslis nie asof dit die gewone man op straat is nie. Die klein sakeman sukkel om kop bo watter te hou en werkers vind hulself al hoe meer op straat.

Intussen is ons regering tevrede daarmee om die armstes van die armes te laat dink dat die land se benarde toestand byna twintig jaar later steeds toegeskryf kan word aan apartheid. Hierdie persepsie word toegelaat terwyl die deursigtiheid van transaksies tussen Afrika lande en China wêreldwyd bevraagteken word.

Sommige kenners meen dat die skuldlas van Afrika bloot skuif van die Weste na China. Met 'n Chinese regering wat reeds sy eie media dekades gelede gemuilband het, is dit alreeds moeilik om uit te vind presies wat aangaan sover dit hulle internasionale bedrywighede betref.

Met die Suid-Afrikaanse regering se voorgestelde wet op die beskerming van inligting, begin ons al hoe meer lyk soos 'n kolonie van China.

Watter internasionale instansie kan die ekonomiese bedrywighede tussen twee lande monitor wat albei hulle media tjoepstil hou?

Wat tans in Suid-Afrika gebeur is iets wat eenvoudig nie in 'n demokrasie hoort nie. Die media word nie net stil gemaak nie. Met hierdie wetgewing word hy onthoof sodat hy soos 'n afkophoender rigtingloos rond hardloop terwyl die lewe uit hom loop.

Is daar enige hoop vir 'n media wat eers moet soebat en smeek voordat hy die wêreld mag vertel wat in sy eie land gebeur?

'n Nuwe wêreldorde is stadig maar seker besig om die ou een te vervang en Suid-Afrika is in die middel daarvan. Die handelsverhoudinge met China sluit in ons minerale bronne, wat nou al vir dekades ons lewensbloed is, en finansiering.

Hier het ons die geleentheid om 'n wêreldreus te word. Ons is reeds reg geposisioneer. Om hierdie skuif te laat werk sal egter 'n gemeenskaplike brein vereis. Ons land se toekoms is op die spel en dit behoort nie alleen te berus by 'n paar glibberige reptiele en slymerige paddas in die regerende party wat in die slyk van die vlei verdwyn as die draak hom kom dik vreet aan ons bronne nie.

Iemand sal moet seker maak dat ons huidige regering nie ons bronne onder ons uitverkoop vir eie gewin nie. 'n Vrye media behoort ons te kan inlig indien daar inligting is. As die inligting dan nou op die ou einde beskerm word, publiseer dit as vrae.

'n Afkophoender kan nog steeds iets doen.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.