Leandi Claasen

Rapport-gebruiker

Anna-Mart: net snaaks as sy 'n jas dra

deur Leandi Claasen 2013-02-23 23:00

Anna-Mart van der Merwe, veteraan aktrise:

1. So, van watter Van der Merwes is jy?

Schalk Willemzoon van der Merwe en Anne Prevot (De Hoop/Wittenberg). My pa was Barend Johannes (Barney) van der Merwe wat op Barkly-Oos gebore is. My ma, Martha Reyneke (Reyna) du Toit wat op Clanwilliam gebore is.

2. Voel jy trots om ’n Van der Merwe te wees?

Ja, maar ook trots op die feit dat ek helfte du Toit is.

3. Hoe oud was jy toe jy die eerste keer die teiken was van ’n Van der Merwe-grap was?
Kan nie onthou nie. Vir een of ander rede vertel mense die grappe agter hul hande as hul weet jy’s ’n Van der Merwe, terwyl hul jou stip dophou vir jou reaksie. Watter aspek van, “deel die grap”, verstaan hul nie?

4. Het jy Van der Merwe-vriende?
Van my beste vriende is van der Merwes.

5. Was jy al ooit skaam om ’n Van der Merwe te wees?

Nee.

6. Wat is jou gunsteling Van der Merwe-grap?
Het nie een nie. Ek’s in elk geval sleg met grappe onthou.

7. Lag jy nog vir hulle?
Wanneer ek hul onthou.

8. Oor wie maak Van der Merwes graag grappe?
Onsself....die res is ons geheim.

9. Is alle Van der Merwes grapjasse?
Nee.

10. Is jy snaaks?

Slegs as ek ’n jas dra.

11. Hoe voel jy as iemand jou as Van (Wên) aanspreek?
Dis niks. A.g.v my Hugenote-van, Prevot, wat een van my doopname is, is ek “Provita” op skool genoem.

12. Vra amptenare van besighede vir jou om jou van te spel of ken hulle dadelik die spelling van Van der Merwe?
Dis die lekkerte van ’n Van der Merwe wees. Spelling geen probleem nie. Almal slaak gewoonlik ’n sug van verligting, want dis Fanagalo.

13. Is Van der Merwe die moeder van alle Afrikaanse vanne?
Nou vat jy “Koos” in die gesig.

14. Wat is die karaktereienskappe eie aan die Van der Merwes soos jy hulle ken?
Net dat hul dieselfde van het...die lotte het beslis nie “een ma een pa” nie.

15. Gaan jy die Van der Merwe-fees bywoon?
Kan ongelukkig nie, a.g.v werk.

16. Waar is die verste/vreemdste plek op aarde waar jy al ’n Van der Merwe raakgeloop het?

...ek loop nog.

17. Wat is die oorsprong van jou van?

Die storie wat my vertel is: Van der Merwe (soms ook gespel van de Merwe) is ’n bekende in Suid-Afrika. Sy oorsprong is van die antieke hoofstad van Nederland, Dordrecht, en beteken “uit die Merwede, ’n rivier, de Merwede (ook genoem de Merwede) wat verby die dorp loop. Willem Schalk van der Merwe was die eerste van der Merwe wat in die Kaap aangekom het in 1654. Twee jaar na Jan van Riebeeck. Hy is dus die voorvader “van alle Suid-Afrikaanse Van der Merwes.

18. Wie beskou jy as die bekendste Van der Merwe?
“Koos”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-27°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.