die webredakteur

Rapport-gebruiker

Forum: Hoe lyk dié gesondheidsplan vir jou?

deur die webredakteur
2011-08-11 08:52

Planne is op die tafel om vir SA ’n nasionale gesondheidsversekeringskema soos die Britse een in te stel.

Volgens prof. Albert Venter van die Universiteit van Johannesburg kos gesondheidsdienste in Suid-Afrika tans ongeveer 8,5% van die bruto nasionale produk en omtrent 48% gaan na private mediese dienste.

Dit dek omtrent 8 miljoen mense wat tot mediese fondse behoort. Die ander 42 miljoen van die bevolking kry net meer as die helfte van die mediese “koek” en die uitgawe is ongeveer R3 500 per kop – in vergelyking met die sowat R39 300 per kop in die VSA.

'n Nasionale gesondheidsversekeringstelsel sou ’n heffing van tussen 2% tot 4% op salarisse beteken – in die praktyk nóg ’n belasting. Econex meen dit sal ’n bykomende uitgawe van R165 miljard tot R240 miljard per jaar vir die staat beteken.

Dit is omtrent 29% van die huidige totale staatsbegroting, wat klaarblyklik onvolhoubaar is.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) vrees ook dat 'n nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV) die gehalte van die land se private gesondheidsorgsektor kan bedreig. Die staatsgesondheidsektor is in wanorde weens finansiële wanbestuur, sentralisering, swak algemene bestuur, voorraadtekorte, beperkte mediese navorsing en misdaad by hospitale.

Volgens mnr. Frans Cronjé, adjunk-uitvoerende hoof van die SAIRV, sal die land se armes meer daarby baat vind as die staatshospitale se bestuursprobleme opgelos word as by ’n NGV.

Verder het Antoinette Pienaar vroeër vanjaar in Beeld  berig dat dit na raming tot R465 miljard per jaar kan kos sou daar gepoog word om alle Suid-Afrikaners toegang te gee tot die gesondheidsorg wat lede van mediese skemas kry.

Volgens Cronjé verdien slegs 11% van Suid-Afrikaners ’n belasbare inkomste en in lande waar sulke stelsels bestaan, verdien mense hoë netto-inkomste, is daar min werkloosheid en betaal ’n groot aantal mense inkoms­tebelasting.

Die verslag toon net 8% van swart Suid-Afrikaners behoort aan mediese skemas teenoor 64% van wit mense.

Die NGV-kwessie het vroeg verlede jaar gesorg vir groot omstredenheid nadat ’n dokument gelek het waaruit dit geblyk het almal sal gedwing word om aan ’n NGV te behoort, maar slegs diegene met geld sal betaal.

Daar was ook uitlatings dat so ’n stelsel binne vyf jaar ingestel sou wees.

Die aanvanklike plan was ook dat geen dienste wat deur die NGV gedek sou word, privaat verseker kon word nie.

Die private mediesefondsbedryf het bekommerd geraak oor hul voortbestaan en hul lede het bekommerd geraak oor die gehalte van die sorg.

Sommige van die omstrede voorstelle is glo intussen laat vaar en die regering werk tans aan ’n witskrif vir die NGV.

  • Vir die heel nuutste oor die NGV, lees hier.

Wat dink jy van dié planne? Behoort jy reeds aan 'n mediese fonds? Indien nie, dink jy jy sal baat vind by 'n nasionale gesondheidsversekeringskema?

Kom lewer gerus hier onder kommentaar.


Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.