- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Forum: Straf vir armes?
deur die webredakteur
2011-05-31 09:39
Beeld berig vanoggend dat die VF+ hul hulp aan die blanke armes in die weste van Pretoria wil onttrek omdat hulle glo vir die "verkeerde" party gestem het.
Talle behoeftige inwoners van Daspoort, in die weste van Pretoria, kan eersdaags sonder heenkome wees nadat hulle glo vir die “verkeerde” party in die munisipale verkiesing gestem het.
Lees die berig hier.
Kom gesels saam. Dink jy dis regverdig dat mens verplig moet voel om vir die party te stem wat jou finansieel bystaan, terwyl jy dalk dink 'n ander party het meer meriete om jou stad goed te bestuur?
Lewer asseblief hier onder kommentaar.