- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Forum: Waar staan jy met genadedood?
deur die webredakteur
2011-06-07 09:48
Hanlie Retief het die afgelope Sondag in haar rubriek met prof. Sean Davison gesels. Hy het die pynlikste besluit denkbaar geneem toe hy sy terminaal siek en verswakte ma gehelp het om haar lyding te beëindig met 'n oordosis morfien.
Hoe voel jy oor die genadedood? Sou jy met die wete kon saamleef dat jy dalk 'n geliefde kon help om die reeds onafwendbare sterftyd nader te bring om só sy/haar lyding te beëindig, en jy het nie? Of andersom: Sou jy later selfverwyt beleef het as jy wel so 'n mens help sterf het?
En wat van jou eie dood? Sou jy verkies het dat iemand jou dood help versnel, eerder as om dag na dag, uur na uur, verskriklike pyn te verduur? Of is dit moreel nie tegverdigbaar nie?
Hoe ook al, dis glad nie 'n maklike onderwerp met kitsbesluite nie. Lees gerus Hanlie se onderhoud en kom gesels dan hier onder saam.