- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Forum: Wat van statutêre verkragting?
deur die webredakteur
2011-06-14 09:41
Daar word, heel tereg, baie gewag gemaak van kindermishandeling en -molestering. Maar wat van mans wat omgang het met meisies onder sestien?
'n Briefskrywer in die oggendkoerant Beeld vra vanoggend 'n belangrike vraag: As 'n kind van twaalf by 'n aborsiekliniek instap, mag sy 'n aborsie kry sonder dat haar ouers ingelig hoef te word. Maar wat van die (statutêre) verkragter? Hy is heel waarskynlik die persoon wat vir die aborsie betaal en wat haar daar afgelaai het om hom van sy ongemaklike probleempie te verlos.
Daar word dikwels in berigte verwys na babas van wie die ma's jonger as sestien was tydens die swangerskap. 'n Baie ontstellende saak was dié van die nege maande oue baba Tshepang wat in 2001 deur 'n groep mans verkrag is. Afgesien van die gruwelike misdaad teen die baba is niemand ooit vervolg oor die ma wat duidelik jonger as sestien was toe die baba verwek is.
Word dié wet ernstig opgeneem? Moet ons as gemeenskap nie ons stem hieroor begin dik maak nie?
Lewer gerus hier onder kommentaar.
Volg Rapport op Twitter en Facebook