Oom Japie van As, Bloemfontein

Rapport-gebruiker

Kennis moet regeer in SA vandag

deur Oom Japie van As, Bloemfontein
2011-07-08 14:12

Die groot Duitse filosoof,  Immanuel Kant, het gesê, “Al ons kennis begin by ondervinding”.

Die grootste probleem in SA is politieke onrus wat toenemend ontstaan weens onkunde.

Goeie opvoeding is ‘n goeie begin om kennis te versamel, maar ware kennis kom eers later en net deur ondervinding.  En ondervinding, die grootste leermeester, kom net met tyd.  Die wysheid van die grysheid bring insig. Dit bring  ware kennis.

Die goeie ou Afrika-woord vir iemand wat onervare is (ook onkundige jongeling), is mampára. ‘n Toenemende probleem in SA is die MIV-pandemie (ergste in die wêreld) wat veroorsaak dat die jeug proporsioneel, buitengewoon vinnig toeneem,  en die werkerskorps met ervaring se getalle vinnig afneem.  Soos die mampáras toeneem, styg die werkloosheid en onrus. Met hul toenemende getalle kry hulle ook meer en meer seggenskap met die een-mens-een-stem sisteem van die demokrasie.  Die grysaards of indoenas oor 60 jaar (met die meeste ondervinding), wat die rêrige dinkwerk in die politiek moet doen,  sterf uit sonder dat hul getalle aangevul word.  Wat se soort van demokrasie wag op ons, as die meerderheid dan mettertyd mampáras gaan word?

‘n Krisis, die ergste in hierdie land se geskiedenis, lê voor die deur. En, drastiese denke van al die ringkoppe oor 60, moet dadelik ontplooi word om ‘n katastrofe te voorkom.

Dit was net groot, diepdenkende indoenas (ver oor die 60) wat groot rampe in die moderne geskiedenis van Europa kon afweer, bv. Winston Churchill (Engeland) Konrad Adenauer (Duitsland) en Charles de Gaulle (Frankryk).   Hierdie ringkoppe het in ‘n Europese konteks gedink.  Ons bly in Afrika en ons moet in ‘n Afrika-konteks begin dink.  Ons moet ons in die geskiedenis van Afrika begin indink.

Voor imperialisme Afrika oordonder het is dit deur monargieë regeer wat bestaan het uit ‘n koning, sy indoenas (oudstes) en kapteins van die onderskeie stamme van die koningkryk. Imperialisme het gekom en dit doodgedruk met demokrasie en met ‘n Westerse kultuur wat gevestig is die afgelope 150 jaar. Afrika het sy kultuur en sy tale vergeet.  Engels, Frans en Portugees word vandag nog deur Afrika-leiers gebruik as amptelike tale en om hulle eie mense toe te spreek.  Selfs die grootste anti-imperialis, Robert Mugabe, maak so.

SA het ‘n unieke probleem met die grootste multi-kulturele bevolkingsamestelling ter wêreld.  Om die vrede hier te bewaar, wat ‘n voorvereiste is om ‘n land te laat slaag, sal sewehonderd Salomo’s verg (tussen al hierdie stamme en kulture.)

Ons kan nie terugkeer na die absolute monargie van die verlede, en ook nie hou by die absolute demokrasie van die Weste (met hul homogene kulture), wat die afgelope 150 jaar hier op ons afgedwing is nie.  Dit het net te veel euwels soos rassespanning ten gevolg gebring.  Of moet ons dalk die land in stukkies opsny sodat elkeen sy sin kan kry?  Maar wat dan van ‘n ander vorm van regering? Wat van ‘n unieke oplossing, ‘n moderne kombinasie van Westerse demokrasie en Afrika monargie?

Ek stel voor:  

1. ‘n Koning word gekies (net deur die gryskoppe oor 60);

2. Die indoenas (raadgewers oor 60, of oudstes) word ook net verkies deur die ringkoppe oor 60.  Een indoena vir elke stam of kultuurgroep

3. Elke dorp of stad kies ‘n kaptein om oor hulle te regeer. Hier kan almal stem – ook die mampáras (alle stamme se mampáras.)

Deur hierdie sisteem sal die koning presies weet wat elke volk of kultuurgroep dink en voel op voetsool-vlak.  En siedaar!  Die ringkoppe regeer en die mampáras leer! En as daar dalk ‘n belangrike vraagstuk opduik soos die nasionalisering van banke, myne of plase, kan die koning en sy indoenas eers lekker lank dink oor dié saak.  Daarna kan hulle ‘n referendum uitroep om die volk te raadpleeg,  want ons het mos dan reeds ‘n vrye, demokratiese monargie in werking.   En, ek kan wed daarop dat die koning en sy indoenas opdrag sal gee dat slegs die gryses oor 60 jaar kan stem in so ‘n groot saak.

Die groot voordele van hierdie voorgestelde sisteem sal legio wees.  Korrupte politici sal saam met kaderontplooiing, rassisme, ens. verdwyn en stabiliteit verseker.  Internasionale geld sal instroom en ‘n helse tsoenami van voorspoed sal ons oorspoel.  Buitendien sal so ‘n sisteem meer moreel en Bybels wees, want die Bybel praat nie van presidente en premiers nie. Die Bybel praat net van konings en keisers.

NS. Laat ons wakker skrik en dadelik ‘n referendum hou oor die saak.

En natuurlik sal die miesies van die Kaap nooit instem oor dié voorstel nie. Sy regeer mos alte lekker en te lomerig daar onder in die Slaapstad, sonder om te hard te dink en eerder te dans. Sy en antie Pat is mos ook saam in ‘n susterlike sameswering om ons verder in die donker dieptes van demokrasie in te lei. Maar hulle sal nog sien dat “ die beste grondwet ter wêreld” ons nie gaan red nie, want die “tjeks” het gehop en die “balances” het geflop.

 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.