- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
‘Merwe lê op sterwe’
deur Leandi Claasen
2013-02-23 23:00
1. So, van watter Van der Merwes is jy?
My oupa Hendrik van der Merwe (’n blacksmith van beroep) is iewers uit die Ceres-Karoo omgewing of die Kouebokkeveld.
2. Voel jy trots om ’n Van der Merwe te wees?
Soort van, maar nog nooit in sulke terme oor ‘n van gedink nie.
3. Hoe oud was jy toe jy die eerste keer die teiken was van ’n Van der Merwe-grap?
Vandat ek kan onthou. Die goedige tergery was gewoonlik rympies soos ‘’Van der Merwe lê op sterwe...”
4. Het jy Van der Merwe-vriende?
Nee.
5. Was jy al ooit skaam om ’n Van der Merwe te wees?
Nee wat. Die Van der Merwes wat uitstaan (in die openbare lewe) is gewoonlik uitskieters in die kunste en sport. van der Merwes is nie juis berug as reeksmoordenaars en boereverneukers nie.
6. Wat is jou gunsteling Van der Merwe-grap?
Geen, dis in my die een oor en uit by die ander
7. Lag jy nog vir hulle?
Sien bo.
8. Is alle Van der Merwes grap-jasse?
En ek ken nie grapjasse behalwe uitsonderlik talentvolle gatkrapper soos Tolla.
9. Is jy snaaks?
Ek is ’n bietjie stok-in-die-hol.
10. Hoe voel jy as iemand jou as Van (Wên) aanspreek?
Niemand praat meer van Wên nie. Dalk eerder Murphy.
11. Vra amptenare van besighede vir jou om jou van te spel of ken hulle dadelik die spelling van Van der Merwe?
Dis móéilik vir sommige. veral die opeenhoping van “V” en “W”.
12. Is Van der Merwe die moeder van alle Afrikaanse vanne?
Dink nie so nie.
13. Gaan jy die Van der Merwe-fees bywoon?
Ja, as joernalis eerder as van der Merwe.
14. Waar is die verste/vreemdste plek op aarde waar jy al ’n Van der Merwe raakgeloop het?
’n Hollander in Bali wat nie sy oë kon glo toe hy my paspoort sien nie.
15. Voel jy jou deel van ’n Van der Merwe-clan?
Watse clan?