Willie van Tonder

Rapport-gebruiker

Mooi toegedraai vir kerk

deur Willie van Tonder
2011-05-24 08:04

Om sekere redes is ek nie 'n kerkganger nie.

Dit is vir my onverklaarbaar waarom denominasies opbreek in talle fragmente, elk met sy eie gebou, gemeente en aanhangers.

Wanneer ek so deur my dorp se woon gebiede ry, sien ek dit.

Vele kerke met groot tuine. Tuine en strukture wat seker heelwat geld kos om in stand te hou en arbeid benodig om te versorg.

Die politiek van kerke verstaan ek nie mooi nie. Hoekom is daar so baie soorte om God te aanbid?

Daar is tog net Een Ware God. Een God voor Wie die knie moet gebuig word.

Hoeveel verskillende maniere is daar om op die knie te gaan en Hom aan te spreek?

Een middag kom ek van die groot stad af, ons dorp binne.

Die Hoërskool langs die pad het pas uitgekom.

Ek merk die jong seun wat aan die kant van die pad hardloop met sy swaar skooltas in die hand. Die dra skouer laer as die ander weens die gewig.

Ek stop en laat hom inklim:

“Seun, jy is haastig?”

“Middag oom, dankie vir die saamry, ek wil nog terug kom vir die rugby-oefening. My ma is baie siek en ek moet haar net gou gaan versorg”

Sy woorde, met 'n gejaagde asem, slaat my te pletter.
 
“Wys die pad ou seun.”

Ek wou nie persoonlik raak nie, maar terwyl ek die spoed so effe opsteek, vra ek tog: “Waar is jou pa ?”

Bot, half kortaf, en sagter, kom sy antwoord:

“Ek het nie 'n pa nie oom.”

My hart krimp ineen maar ek wil weet: “ Wie bring dan geld in, seun?”

Hy het nie dadelik geantwoord nie, bietjie getalm en toe, nog sagter, (skaam?):  “ My ma was wasgoed vir mense, oom.”

Die afstandmeter van my bakkie vertel my ek het 3.4 kilometer gery. Ek stop voor die armoedige huisie. My oog vang die toring van die kerk so twee blokke verder. Die seun is haastig maar ek hou hom met my hand terug. In my beursie maak ek al die note bymekaar, vou dit en druk dit in sy onwillige hand. Ek weet, hy het ook sy trots.

Ek groet en met 'n “Dankie dat jy na jou ma kyk,” ry ek verder.

Ek ry verby die groot wit kerk.

In my geestesoog sien ek die blink motors en spoggerige tannies met hul groot hoede op 'n Sondag.

Sy is my liefling kleindogter.

Haar versoek was smekend: “ Oupa, ek word Sondag voorgestel en aangeneem, sal oupa asseblief kom?”.

Sondagoggend. Die mottegif van dertig jaar se stoor word uit die pak klere geskud.

Ek word vreeslik mooi toegedraai.

Ek het effe te klein geword vir die broek en Vroulief het help trek aan die gordel. Al die gaatjies is klaar, maar die broek val nog af.

Ek sal maar met die hande in die sakke loop en die broek so ophou.

So 'n bietjie vroeg vir die ingaan, staan ons buite die kerk en wag vir ander lede van die familie.

Dit het my verbaas hoeveel mense my kom groet het. Die gesigte het ek vaagweg onthou, maar die naam het ek weer gevra. Om die hand te gee, was moeilik.

Die bleddie broek val af as ek dit los. Vroulief het maar styf teen my gestaan, met haar hand om my lyf – sy is seker regtig lief vir my. Met die hand het sy my broek agter aan die gordel, vasgehou as ek moes groet.

Die kerk is vol. Party mense moet staan. Meeste van die vroue dra nie meer hoed nie.

Daar is tien katkisante. Net tien, en dit uit 'n gemeente van seker etlike honderde gesinne.

Ek soek rond. Ek sien weinig jong mense.

Waar is hulle? Die skole is dan vol.

Die groot skerm, skuins voor die kansel, wys die woorde en almal sit en sing.

Ek probeer ook sing. Nou nie heel uit volle bors nie. Die wysies is effe vreemd vir my. Ek is nog uit de oude doos.

Gelukkig is daar 'n groepie voorsangers wat heel voor onder die preekstoel staan en die wysies aangee. Die predikant is die voorsanger.

Daar word behoorlik gesing. Die een lied na die ander. Almal sit heerlik agteroor en sing.

Dan verlaat die predikant die ry voor sangers en bestyg die verhoog. Hy vra die seën.

Toe versoek hy die gemeente om bene te rek. Hulle moet staan en sing. Hulle sing 'n hele paar liedere. Dan kan hulle maar weer rustig sit.

Hy open met die onderwerp.

Die Liefde.

Ek spits my ore. Die liefde is altyd iets om na te luister Hy vra die vraag: “Hoe kan jy vir iemand wat jy nie kan sien nie, lief wees?

Ek luister, maar my oë dwaal oor die mense.

Met ons rondstaan buite om mense te groet, was ons effe laat en het heel agter plek gekry. Ek kan almal mooi sien.

Mense en hulle dinge is altyd interessant.
 
Die predikant gaan haal sy punt wyd, baie wyd. Hy praat van liefde vir jou ouers (jy kan hulle sien). Liefde vir jou broers en susters (jy kan hulle sien). Liefde vir... Hy loop wyd.

My oog vang 'n man so skuins links. Nota boek op die skoot. 'n Notaboekie soos die wat maatskappye vir interne gebruik laat druk. Die man notuleer in die notaboek, op sy Bybel gestut. Dit lyk vir my of hy soms nie saamstem nie, want hy trek 'n streep deur wat hy geskryf het, en skryf (iets anders?) oor. Ek reken hy skryf dan sy eie vertolking neer.
Ek bestudeer sy aksies noukeurig.

Dan vang my oor weer die stem van die predikant. Hy trek nou by die voëls van die hemel. Omdat jy hulle kan sien, kan jy lief wees vir die voëls.

So effe verder vorentoe, sien ek 'n ou oom, Hy is bietjie ouer as ek.

Hy kou.

Sy kakebeen beweeg ritmies op en af in 'n duidelik tandelose mond. Die ken en die neus raak, raak so aanmekaar. Hy kou.

Ek ken pruim. Oom Paul Kruger het ook gepruim. As jy pruim, moet jy die tabak se sous uitspoeg. Dit gee sooibrand!

'n Oom het mos vir Liesbet van Engeland gaan kuier. Hy het die tabak-sous sommer so op die marmervloer van die paleis geplant.

Dan staan Liesbet ewe gedwee op en skuif die goue spoegbak na daardie plek. Dan spoeg die oom heel regs van die goue spoegbak. Dan staan sy weer op en skuif die spoegbak na daardie spoegplek van die oom. Dan spoeg die oom weer links van die bak en Liesbet skuif dit weer. Op 'n kol kan die oom dit nie langer verduur nie:

“Liesbet, jy sal daai bak nog so skuif, dan spoeg ek binne in die ding!”

Nou is ek bekommerd. Wat maak daardie ou oom met sy spoeg?

Die predikant trek nou bietjie wyer.

Hy is nou by die natuur en die veld. Jy kan lief wees vir die natuur. Jy kan dit sien.
 
Ek was nie lank bekommerd oor wat die tandelose ou oom met sy spoeg maak nie. Ek merk hy kyk nie vir die predikant nie. Hy kyk heel links. Ek volg sy kyk. Ek volg en volg en volg.

Ek sien.

Ek sien 'n ander ou oom, bietjie jonger. Hy kou ook. Sy kakebene gaan ritmies op en af.

Ek sien, hy het tande. Sy kakebeen beweeg nie so ver op en af nie.

Nou en dan gaan sy een hand na die baadjie se sak. Hy haal iets uit en sit dit in die mond. Hy kou. Kakebeen beweeg op en af. Dan is die hand weer in die baadjie se sak en iets kom uit en gaan mond toe, en hy kou. Dit lyk vir my na snippers biltong.

Ek kyk na regs. Ou ‘Tandeloos’ kou steeds. Toe weet ek, ek kan sien. ‘ou Tandeloos’ kou nie tabak nie, hy kou agter die biltong-kouer aan.

Nou kom die predikant se verduideliking bietjie nader. By diere. Jy kan lief wees vir diere, Jy kan hulle sien.

Ek swaai my kyk na middel voor.

Daar sit ook 'n man. Hy stem saam met die predikant. Hy knik aanhoudend met die kop, heel instemmend.
Hy stem saam met wat daar gesê word.

My oor vang weer die wyse predikant. Hy is nou nog nader. Jy kan ook vir die wilde diere lief wees. Jy kan hulle sien.

Hier reg voor my sit 'n vrou. Daar is nie 'n man saam met haar nie.

Langs haar sit 'n seun. Seker so elf jaar oud. Sy linkerhand hou hy oop met die palm na bo. Sy regterhand se wysvinger is in sy neus.

Hy grawe. Dan krap hy dit uit met die vinger en rol dit tot 'n bolletjie tussen duim en vinger. Dan sit hy die bolletjies netjies bymekaar in sy oop handpalm.

Die Predikant maak sy punt.

Jy moet net glo. Jy kan God nie sien nie, maar jy moet glo en lief wees vir Hom.

My oë dwaal oor die agterkoppe van die luisteraars(?) Ek sien van hulle se nekke word slap en die koppe knik, knik so vooroor.

Ek het ongelukkig nie die predikant se bevel gehoor nie.

Skielik verslap almal se nekke en die koppe val vorentoe.

Dit was seker 'n bevel om bietjie te slaap. Ek is nie vaak nie.

Ek is nie lus om te slaap nie.

Ek bekyk die mense en hulle dinge, te lekker.

'n Ander tannie is ook nie lus vir die stukkie welverdiende slaap nie. Daar is iets op haar rok wat haar pla. Die vingers pluk, pluk so aan die iets wat sy van haar rok afpluk, dan laat val sy dit wat sy van die rok afpluk, langs haar op die vloer.

Partykeer sit dit vas aan haar vinger en sy moet die hand so skud om die pluksel te kan laat val. Sy lyk my effe vererg!

Die harde stem van die Predikant ruk die mense se koppe regop: “Amen!”

My boude word lam van die sit op die harde bank.

Gelukkig kom daar beweging.

Die Katkisante word naam vir naam vorentoe geroep.

My oë soek net daardie mooie dogter.

Ek is bly dat ek nie Sondag na Sondag, die wonderlike rusdag wat my God daargestel het, na sulke klomp twak hoef te kom luister nie.

Ek kyk op na die plafon. Dit is al effe grys van al die leë, sinnelose woorde.

Die geleentheid, om daar voor te staan, met 'n afwagtende gehoor wat smag om meer van ons wonderlike God en sy Moontlikhede, te hoor.

'n Gehoor met siele, en materiële, sosiale en maatskaplike dors na hulp, raad en leiding van die Almagtige God en Sy Wonderlike Werke.

Is dit dan so moeilik om hierdie gehoor op hulle voete bring. Hulle te laat juig en jubel.

Om die jeug te trek, in hul getalle nader te bring.

Te vertel van God. Sy Moontlikhede. Sy Krag en die Vryheid in Hom.

Toe sien ek haar duidelik. Sy staan uit. Die appel van oupa se oog.

Haar pragtige gesiggie blom.

Sy weet. Sy weet haar oupa is hier iewers en hy kyk vir haar!

 

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.