Elsabe Lombaard, per e-pos

Rapport-gebruiker

Paulberg of Pauleria?

deur Elsabe Lombaard, per e-pos 2012-10-09 12:49

Mnr. Paul Mashatile,

Ek wil ‘n beroep op jou doen om deeglik te besin oor die naamsverandering.

Ek is wel ‘n Afrikaner, maar het ook ja gestem toe daar téén apartheid gestem is.

Sentiment in ‘n naam beteken alleenlik geskiedenis.

Gaan dit vir jou om jou naam te laat seëvier?

Dan moet dit liewer Paulburg genoem word, of dalk Pauleria.

Of gaan dit dalk om Afrikaners te trap en te straf?  Wat kan jy hierdeur bereik?

Dalk gaan dit om jou medewerkers se guns te wen? Môre stem hulle in elk geval vir ‘n nuwe leier.

Wat dit ook al mag wees,  dink ernstig oor die volgende:

Afrika het nog nooit monumente gebou nie, want dit word afgebrand of vernietig weens vandalisme.

Wat kan Afrika wys wat van enige geskiedkundige waarde is?

Ja, dalk sal jy sê: kyk na Egipte.

Kyk dan dadelik na die volgende, 8 000 jaar gelede was Egipte Egipte en vandag nog. Die monumente wat daar staan is net so oud en is nooit verbrand of vernietig nie. 

Tog was daar vele regeerders.  Farao’s, konings, ens.

Dit is dan waaroor geskiedenis gaan.

Tshwane?  Wie en wat was hy/sy?  Nêrens in enige geskiedenisboek word van hom/haar gepraat nie.

Moet asseblief nie na enige halm gryp en dit as geskiedenis voorhou nie.

Ek pleit by jou, gebruik jou intelligensie en kyk dieper na die saak.  Oor honderd of dalk vyfhonderd jaar hiervandaan, kan Suid-Afrikaners, dit is nou swart, wit, bruin en geel, terugdink en leer: Pretoria is in 1855 deur  die Voortrekkers gestig en het in 1860 die hoofstad van Transvaal en in 1910 ook die uitvoerende hoofstad van die nuutgestigte Unie van Suid Afrika geword.

Die Voortrekkerleier na wie Pretoria genoem is en sy monumentale rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is Andries Pretorius.  Hy was ‘n boer wat uit die Kaap gevlug het vir Engelse onderdrukking.  Ongelukkig het sy nasate nie uit die geskiedenis geleer nie en hulle het dieselfde fout begaan en apartheid ingestel, met ernstige nagevolge.

Laat hierdie stad en sy naam ons almal altyd daaraan herinner: moet nooit ‘n ander onderdruk nie. Dit lei nie net tot armoede en verval nie, maar tot oorname en oorheersing van die onderdrukker. Kyk maar na Marie Antoinnette, die laaste koningin van Frankryk.

Verder moet jy ook deeglik besin of jy die geld so wil mors.  Elke dag gaan duisende mense dood aan hongersnood en wanvoeding.  Mense het nie huise nie, wat nog te sê van water en elektrisiteit. 

Jy is aangestel om die land te bou en vooruitgang te bewerkstellig.  Doen dit dan getrou.  Moenie dat u kinders eendag skreeu, wat het Pa gemaak, kyk hou lyk ons land.  Almal lê in die strate in Tshwane, maar het nie kos om van te lewe nie.

Ek vra weer, watter geskiedenis kan jou kinders leer uit Tshwane?            

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Maka Drama sê... Hulle storm mos afdraand. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.