Die webredakteur

Rapport-gebruiker

Rapport se kommentaarbeleid

deur Die webredakteur
2011-07-21 13:05

Rapport se kommentaarstelsel laat julle, ons lojale lesers, toe om ons te help om kommentaar op ons webwerf te modereer.

Wat beteken dit? Wel, ons het 'n rukkie gelede al twee belangrike veranderings aangebring aan die stelsel wat ons hoop die gehalte van kommentaar op ons webwerf gaan verbeter. Ons herinner graag aan die volgende:

Eerstens sal gebruikers moet inteken voor hulle kommentaar kan lewer. Dit kan gedoen word met 'n Facebook-profiel. Dit beteken ons kan gebruikers en hulle profiele op ons stelsel nagaan, en die nodige stappe neem as dit nie in lyn is met ons beleid nie.

Tweedens kan gebruikers – of hulle ingeteken is of nie – kommentaar rapporteer aan ons redakteurs deur net op die "Rapporteer"-skakel langs elke kommentaar te kliek. Dit stel ons in kennis van die kommentaar, en laat ons toe om dit te verwyder as dit nie met ons beleid ooreenstem nie. Die krag lê dus in jou hande om kommentaar te rapporteer en gebruikers wat die fasiliteit misbruik van ons webwerf te verwyder.

Gebruikers word aangemoedig om kommentaar wat nie aan die standaarde hieronder voldoen nie, te rapporteer deur op die “Rapporteer”-skakel langs die kommentaar te kliek.

Hier is ons kommentaarbeleid:

– Die doel van Rapport se kommentaarfasiliteit is om oop besprekings van aktuele sake vir ons gebruikersgemeenskap moontlik te maak. Kommentaar wat nie tot dié doel bydra nie, of wat duidelik nie met ‘n artikel verband hou nie, kan deur Rapport verwyder word.

– Geen persoonlike aanvalle op ander gebruikers en/of joernaliste sal toegelaat word nie. Gebruikers wat hulle herhaaldelik aan dié soort gedrag skuldig maak se gebruikersrekeninge sal gekanselleer word.

– Haatspraak en kommentaar wat geweld aanhits word nie toegelaat nie. Dit sluit in rassisme, seksisme, homofobie, anti-Semitisme en enige ander uitspraak wat enige bevolkings- of kulturele groep verkleineer of beledig. Kommentaar met kru of onvanpaste taal of enige vorm van haatspraak sal verwyder word. Gebruikers wat hulle skuldig maak aan haatspraak se gebruikersrekeninge kan gekanselleer word.

– Telefoonnommers, e-pos-addresse en ander privaat-inligting sal dadelik van die webwerf verwyder word.

– Kommentaar wat skakels bevat na onvanpaste inhoud sal verwyder word. Skakels na persoonlike blogs wat wel verband hou met artikels is toelaatbaar.

As deel van dié nuwe stelsel onderneem ons om kommentaar wat gerapporteer word binne 12 uur na te gaan. Ons behou egter die reg voor om kommentaar wat gerapporteer is wat wél aan ons kommentaarbeleid voldoen, nie te verwyder nie.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
58 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.