Fanie Herman

Rapport-gebruiker

Shanghai: ‘n swemkompetisie en reis-ervaring

deur Fanie Herman
2011-08-05 10:34

Die FINA internasionale swemkampioenskappe het pas afgeloop in Shanghai, China. Ek en ‘n vriend van my het die byeenkoms bygewoon en was dit wonderlik om die atmosfeer te ervaar en die stad te verken. Die voorbereidings  getref deur Fina en die gasheer land China het beslis ‘n indruk gemaak en was volgens atlete en toeskouers die beste swemkompetisie wat nóg aangebied is. Net soos die Olimpiese spele van 2008 het China gewys dat hulle nie vir die weste terugstaan om top-klas sport byeenkomste suksesvol te hou nie.



Op die televisie sien mens net die swemmers in die water spring en swem vir hulle lewens. Daar is egter honderde klein dingetjies wat in plek moet wees voordat hulle aantree, die sirene blaas en hulle wegspring.

Om al die reëlings in perspektief te plaas: Die 50 meter swembad waar toeskouers die items kan sien is net die tentoonstellingswembad of ‘show pool’ soos die atlete dit self noem. Drie vloere onder die Shanghai Oriental Sports Center is die oefen swembad of 'engine pool’. Dit is hier waar die swemmers opwarm voor die uitdunne of finale resies. En een van die swemmers het ons toegelaat om die opwarmings swembad te aanskou.

Daar is elke land in sy hokkie en lê swemmers uitgestrek vir massering, word afgerig of doen opwarmings-rondes in die swembad.  Die sekuriteit vir die byeenkoms was baie streng en sonder jou kaartjie was dit moelik om selfs net jou sitplek te verlaat om die badkamer te besoek. By die ingang na die sentrum moes ons ook deur die skanderings masjiene loop en is ons kaartjies 2 maal afgetas. Daar was honderde sekuriteitsbeamptes om skarebeheer toe te pas en sekuriteitsmaatreëls te tref. Baie organiseerd en professioneel. 

Ek en my vriend het geskerts dat die studente wat hulle vir die werk ontplooi het nou weer sakgeld het om te studeer. Julie en Augustus is die somer-vakansiemaande in die ooste en is die ideale geleentheid vir studente om hulle sakke aan te vul.

In swem is die hoogtepunte die kort afstande. Dit is hier waar krag na vore kom en die mededingendheid van die deelnemers waarlik getoets word. Die langer afstande vat meer geestelike uithouings vermoee en strategie. Byvoorbeeld om te draai binne ‘n gegewe tyd en dan nie sekondes te verloor soos die resies vorder nie. In swem praat hulle ook van die onderwater-werke  of Engels ‘under water works’ wat die swemmer se tyd beïnvloed, om nie eens te praat van ‘n goeie wegspring uit die blok nie. Baie kort afstande word gewen met mili-sekondes net omdat die swemmer ‘n goeie wegspring gehad het en nie werklik omdat die swemmer sterker as die tweede of derde deelnemer is nie.

Daar was so baie items wat met mili-sekondes gewen is dat ‘n verdere twee of drie hale die verskil vir die agterste swemmers sou maak. Ons het die items waaraan die nuwe Chinese swemsensaie Sun Yang deelgeneem het werklik geniet. Soos die swemmers onder mekaar praat, is hy ‘n swem-frats  (‘freak’) wat eenkeer in ‘n dekade verskyn, net soos Michael Phelps die Amerikaanse swemfrats was wat die vlinderslag-toneel die laaste dekade oorheers het.

Swemmers noem iemand soos Phelps en Yang eintlik die fratse van die fratse, ‘the freaks of the freaks’, want hulle is in ‘n klas van hulle eie en voel nie bedreig deur ander swemmers nie. Solank as wat hulle dominansie in die swembad het, is hulle verseker van medaljes.  Ek het die een afgrigter gevra wat dink hy van Yang, toe sê hy net: ‘Ek wil nie eens oor hom praat nie, hy het nie sy gelyke nie’. Hy is nie net ‘n topklas-swemmer nie, maar  ook ‘n nasionale held wat die aandag op China kan vestig met die Londense Olimpiese Spele in 2012.



Die swemkompetisie was in samehang met die honderdjarige herdenking van die Chinese revolusie (1911) waar Sun Yang as ‘n simbool gesien word wat nasionalisme kan aanwakker, die mense trots op hulle land maak en China weer eens op die wêreldverhoog plaas. Maar ek en my vriend het saamgestem dat alhoewel China ‘n enorme poel van talent het, hulle die fisieke krag ontbreek om teen die sterker geboude atlete van die weste mee te ding.

Aan die ander kant is hulle geestelik en strategies reg ingestel. Wat hulle vroue aanbetref is die swemmers veral goed in die korter vlinder- en rugslag-items. Dit is omdat hulle daarop fokus van ‘n jong ouderdom af.

Nadat die weer vir die hele week saamgespeel het, warm sonskyndae met geen reën nie, moes ons op die laaste dag in gietende reën die tog na die stadium aanpak. Teen die tyd wat ons die moltrein moes vat tot by die ‘Oriental Sports Center’, ongeveer 30 minute van ons hotel af, het dit gesous. Die sambreeltjie wat ek saamgebring het, was nie opgewasse teen die stortreën nie en binne minute het die binneraampies geknak en moes ek die ding weggooi. Gelukkig is taxi's in China vryelik beskikbaar en kon ons met ‘n handgebaar ‘n taxibestuurder naderwink. (Ek het getel dat binne een minuut ongeveer 3 taxis op en af ry in verskillende rigtings).



Afgesien van die swem is Shanghai ‘n wêreldklas-stad met moderne winkelsentrums en vinnige, ekonomiese vervoer. Mens koop ‘n moltreinkaartjie vir 20 Rand en daarmee kan jy vir 24 uur rondry. As mens dink dat daar meer as 50 ondergrondse stasies is, kan jy jou voorstel dat 20 Rand goedkoop is. Met die aankoms by Pudong internasionale lughawe is ons nogal ingeloop deur onverskrokke, geldgierige taxi-operateurs, net omdat ons nie vooraf ons huiswerk oor die vervoerstelsel gedoen het nie.

Om te dink dat die moltrein ‘n paar keer onderdeur die Huangpu rivier loop wys dat China vir geen land terugstaan wat ingenieursvernuf aanbetref nie. Vir enige toeris wat Shanghai wil besoek is die finansiële sentra oorkant die Huangpu-rivier ‘n móét. Naas Hong Kong se waterfront met sy imposante wolkekrabbers is Shanghai baie indrukwekkend. Terug lughawe toe het ek die Maglev bo-grond magneetband-trein gevat wat teen ongeveer 300km/h gery het. Die vinnigste trein van sy soort in die wêreld.   

Verblyf in Shanghai was ook nie so duur as wat ons gedink het nie, eintlik relatief goedkoop in vergelyking met ander groot wêreldstede. Die hoofstad van China, Beijing, is die duurste stad in die land en ons was maar dankbaar om nie daar vir die aand skuins te lê nie.

Die hotel waar ons gebly het is deel van ‘n groep en die diens was van ‘n hoë gehalte. Ek sal nie sê uitstekend nie, maar wel só dat ons nie gekla het nie. Vir ons wat uitgesien het na die swembyeenkoms was dit verblydend om te hoor dat die hotel sy eie gimnasium-geriewe en ‘n 25 meter swembad het. Daar kan mens enige tyd gaan oefen en net ontspan, daar is ook snoeker, biljard en tafeltennis-tafels.

Wat eetplekke aanbetref, is rys, noedels en seekos maar die stapelvoedsel van die lande in die ooste. By elke restaurant of straatstalletjie verkoop hulle dié disse teen lae pryse. Jy hoef nie jou sak twee keer te skud om ‘n lekker bord seekos of noedels te eet nie. By van die meer ordentlike restaurante bestel jy die disse van die spyskaart af, daar is foto's by elke dis en word dit een vir een gebring. Nie soos in Suid-Afrika waar alles gelyk gebring word nie. Om met stokkies (‘chopsticks’) te eet is vreemd, maar mens word gou gewoond daaraan. (Jy kan darem vra vir ‘n mes en vurk ingeval die stokkies moeilik is om te gebruik.)

Veral die souse wat hulle saam met die kos bring prikkel mens se smaakorgane. Dit wil voorkom of sojasous as bestanddeel in baie disse gebruik word, want ons kon die kenmerkende smaak van die sousie proe. Shanghai is baie verwesters wat eetplekke aanbetref, orals sien mens Mc Donalds, Kentucky Fried Chickens, Burger Kings, en Pizza Huts. Om nie eers te praat van Starbucks waar mens ‘n lekker koppie koffie in die oggende kan nuttig saam met ‘n croissant of toebroodjie.  

Die volgende wêreldkampioenskappe is in Barcelona 2013 en dit sal beslis ook ‘n gebeurtenis wees om na uit te sien. Veels geluk aan Suid-Afrika se swemmers wat hulle beste gelewer het.Soos die een beampte gese het, daar is duisende swemmers in die wêreld wat hoop om eendag op ‘n podium te staan en die Suid-Afrikaanse atlete het besonders goed presteer en te hulle staal gewys.



Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.