Jo' van Tonder

Rapport-gebruiker

Spa B.A.

deur Jo' van Tonder 2012-03-14 15:49

"Hulle het dit nie met my gedoen nie!”
 
My man klink heel verontwaardig.
 
“Sy het my so in die rug gekarnuffel met die elmboë...” sê Martin.
 
“Hulle het dit ook nie met my gedoen nie.”
 
Ek wonder hoekom nie, want hulle doen meestal dieselfde ‘sequence’.  Ek en manlief was saam en die seuns is iewers in die tuin ingerokkel. Elke terapeut ontwikkel mettertyd haar eie styl en volgorde. Maar pas die masserings aan by elke kliënt se behoeftes. En ek voel wonderlik!
 
“Sy’t my so gechop-chop en toe trippel sy haar vingers en toe skielik klap sy my sommer weer!”  Dis nou weer Niël.
 
“Hulle het dit nie gedoen nie ...”  Dis Bek-af,  B.A.
 
“Ma, daai wat hulle so met die vingers tap-tap, hoe hou die terapeute hulle hande, so?” kom dit weer uit die agterste sitplekke uit.
 
B.A.  is nou bek-toe, B.T.
 
Die agterste twee manne glimlag net:  stywe nekke weer soepel, angste weggepaai, stram rugspiere uitgestryk en liefde ingevryf.  Die meisies met die helende hande het geweet  van die geluk oor die verjaar en hulle het geweet van die brokharte waarmee ons hier kom lê het.
 
Nie een van my mansmense was al by Spa Betesda nie.
 
Ek het die dag dapper begin. Ons het vroegoggend die pienk sjampanje se prop gepop in Martin se kamer, vinnig gebrêkfis en toe kry elkeen sy koers:  skool toe, kampus toe, teater toe, kantoor toe. Niël het gereken hy voel nou so goed, hy hoef nie eers sy Vita-Thion te drink vanoggend nie.
 
Toe Sarah en Simson inkom, skuim ek vir hulle ook elkeen ‘n glasie in.  Hulle sê mies, hierdie goed is lekker warm. So halfpad deur  “Hêppie Burthdei  toe joe.... Hêppie Burthdei  toeee joeee...”  kom hulle eers agter dat Martin al reeds uit is klas toe.  Toe sing hulle maar die liedjie klaar, sluk die “warm borrels” af en begin spit vir die dag.
 
My selfoon se battery was al laas nag pap. By die kantoor prop ek die kabel in om te laai. Toe ratta-tatta-tatta-tatta-tat die string sms’e die realiteit in my los. Die brandpyn wat ek nou al vir ‘n week  vasgeknel het. En dit wring my stem in ‘n string dat ek nie eers die telefoon kan antwoord nie.
 
Ek druk die e-mail’s van gemengde gevoelens en gaan sit dit saam met die blomme en verjaardagkaartjies in Martin se kamer. Almal is bly oor Martin se "twenty first" en hartseer omdat Pollie vandag in die hemel partytjie hou en nie saam met ons is nie. Haar maats mis haar.  Op 18 sou sy verseker steeds ‘n tintelende handvol gewees het. 
 
Ons mis haar.  O, ons mis haar...
 
En terwyl ek probeer  ontspan en die verlangepyne liefdevol uitgemasseer word, word die swart en heldergroen handdoeke onder my gesig sopnat. By deus is ook lader bod doe. Maar die klem om my borskas word los. Ek word bewus  van die rustige musiek en die papegaaie en die voëls wat slaapplek kom soek in die agtergrond. En iewers is ‘n kabbelfonteintjie.
 
Die helende hande het begin by die glutes, opgestreel boontoe, knobbel-knobbel  die biltonge bewerk, bladbene platgestryk en sirkels en blokkies en strepe oor-al-oor gekartel.  Iewers het ‘n steekpyn losgeskiet uit die linkerheup uit. Dis van die tuinwerk, ek is nie veronderstel om meer te grawe en te hark nie. Mens gebruik jou liggaam op. Nekspiere geknie.  Allie ou plekkies is gekarnuffel en gechop-chop en getap-tap en getrippel.
 
Na die diep inasem-uitasem, los hulle ons om rustig in die skemerte ons oë oop te maak, aan te trek en weer ‘n glasie tee of sap te gaan drink.  Ek kyk so deur die gesiggat van die masseerbed na die houtkassie met ronde, wit klippies en grasgroen takkies en botteltjies wat reg onder die gat, op die vloer staan. Ek sê vir David dat dit eintlik so ‘n mooi fokuspunt is, beter as om na die kaal teëlvloer te staar. Hy sê niks. Eintlik is jou oë mos maar die hele tyd toe.
 
Ek trek aan en vra vir die meisies buite voor die deur hoe laat dit is. Daar is nog so tien minute oor voor hulle ook moet oppak huis toe. Ek los hom dat hy nog so ‘n minuut of wat rus. Mens moenie te vinnig opstaan nie, jy kan soms duisel. Waai vir die seuns daar waar hulle ondertoe in die koelte wag.  Hulle lyk vir my pynvry.
 
“Jy moet nou maar begin opstaan.”
 
Daai XXX-grote manslyf roer nie.
 
“David..... ”
 
 Ek tap-tap so aan sy skouer.  Niël kom staan en lag hier langs my,  vou lambeendubbeld, so, sodat hy op die stoel moet gaan sit.
 
Ek hurk by die koppenent van die bed en luister of my man nog asemhaal.  Dêmmit...
 
“David!”
 
Hy kyk gesteurd op. Die handdoekmateriaal se veselpatroontjie skyn rooi op sy linkerwang. Deur die weer, maar rustig. Ek gee sy hemp aan en vou solank die handdoeke rofweg op terwyl hy die hemp oor sy kop gooi. Vandag het niemand baie gepraat nie. Dis nie nodig nie. Want almal weet hoe almal voel. Die kinders sê hulle het met opening, by die skool, vir ons gesin gebid.
 
Ons stap stadig af na die twee seuns toe en drink nog ‘n glasie ystee. Dis steeds drukkend warm.  Miskien kom dit weer reën vanaand.
 
Ek dink nogals dat hierdie uurlange gepamperlang  elke sent werd was. Ons sal net my man eendag moet terugbring dat hulle die uitvryfding weer doen. Dit het nie op hom gewerk nie. Hy is bietjie teleurgesteld. Want sy terapeut het nie alles met hom gedoen wat hulle met ons ander drie gedoen het nie.  Dit voel ‘n bietjie onregverdig, maar nou ja...  Hierdie vreeslike dag sal darem kan eindig met ‘n glimlag.
 
Martin sê, Niël het so weggeraak met rukke.  En ge-’drool’. Uit die een mondhoek. Ons giggel. Dis nou as jy die prentjie kan sien van die lang spoeglel wat so afslingel tot onder in die spierwit-en-groen klippie-rangskikking...
 
Toe ons later alleen is, vra my man: “Ek het darem nie gesnork nie, het ek?”
 
Ek sê nee, darem nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-15°C Rain late. More clouds than sun. Cool. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Showery. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!