Rapport-gebruiker

Wat kos jou kind jou?

deur 2013-01-11 15:55

Het jy al ooit somme gemaak om uit te werk hoeveel jou kind jou regtig kos? Dit is maklik om te onthou hoeveel jy aan skoolgeld en doktersrekeninge bestee, maar het jy al ooit bymekaar gaan tel wat jy uitgee op ‘n koeldrank hier en daar, ‘n nuwe pet wanneer die oue (alweer) weggeraak het, sonbrandroom, ‘n R10 hier en daar vir die skool, ‘n nuwe potlood en talle ander klein dinge.

Rapport wil met lesers se hulp bereken wat mense se kinders hulle waarlik kos. Help ons asseblief! Boekstaaf waarop jy geld uitgee. Jy kan ook e-pos stuur na duurkinders@rapport.co.za

Riglyne vir ons Wat Jou Kind Jou Kos-opname:

Kom ons werk ‘n bietjie vir ‘n slag uit hoeveel ons op ons kinders uitgee. Nie omdat dit ‘n verskil gaan maak aan hoe lief ons vir hulle is nie, maar bloot om te weet hoe dit gebeur dat ons beursies so gou leeg raak.

Rapport wil met lesers se hulp oor ‘n tydperk van vier weke kyk hoeveel geld ouers aan hul kinders bestee. Ons gaan dit doen vanaf Maandag 14 Januarie tot Sondag 10 Februarie, sodat dit nuwe skoolklere en skoolbenodighede uitsluit.

Om dit makliker te maak, gaan ons net na die meetbare goed kyk. Ons gaan dus nie uitwerk hoeveel rande se petrol jy uitgee om jou kind na sy buitemuurse aktiwiteite rond te ry nie, maar ons gaan wel in berekening neem hoeveel daardie bedrywighede jou kos. Ons wil jou ook nie vra om uit te werk hoeveel kruideniersware jou kind opeet nie, maar wel om op te skryf wanneer jy vir hom spesifiek ‘n roomys of iets lekkers koop wanneer julle winkel toe gaan.

Hier is die vorm met afdelings waarin jy asseblief jou uitgawes moet opskryf. Die maklikste gaan wees om dit dadelik, alternatiewelik een keer per dag, op te skryf, en dan weekliks te e-pos na duurkinders@rapport.co.za.

Vorms is verkrygbaar by duurkinders@rapport.co.za.

Die inligting wat ons benodig is as volg:

Kind se naam en van, ouderdom, graad in skool, die voorstad/stad/dorp waar julle woon
Tipe uitgawe    Bedrag per week, met enige kommentaar
Skoolgeld of creche    
Nasorg/versorgers    
Mediese fonds plus enige bybetalings, of indien privaat – mediese uitgawes    
Sakgeld    
Kosblik-kos    
Snoepiegeld    
Koeldrank, lekkers, roomys – los bederfies    
Kosmetiekware/badkamerbenodighede/doeke    
Babakos, indien van toepassing    
Buitemuurse bedrywighede    
Toerusting vir buitemuurse bedrywighede    
Ekstra klasse    
Bykomende skryfbehoeftes    
Vermaak    
Presente vir ander kinders wat verjaar    
Enige ander groot uitgawes, spesifiseer asseblief    







Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.