- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Wenspan!
deur Me. A. Hattingh
2012-08-03 11:36
Hoër Meisieskool Paarl se o/19A netbalspan het op Woensdag, 1 Augustus 2012, die jaarlikse Interskolewedstryd teen Hoërskool Gimnasium, Paarl oortuigend met ‘n telling van 28 – 18 gewen. Hierdie span is die Wes-Kaap-kampioene wat Vrydag en Saterdag aan die Nasionale “Netball Challenge” in Boksburg deelgeneem het. Hulle het teen die wenners van ander provinsies deelgeneem om te bepaal wie SA se skolenetbal-kampioenspan is.

Louise Louw, Chané van Deventer, Janke Visagie, Carina
Troost, Stephanie Brandt, Joy Louw, Marise Malherbe, Shannen Bartlett, Mienke Ehlers en
Landi Ehlers.