Estelle Bester

Rapport-gebruiker

'n Rots in ons geskiedenis

deur Estelle Bester 2012-05-24 11:09

Dit wat straal uit daardie foto op uitnooi-plakkate na haar gedenkdiens, is die onmiskenbare presence van haar: Motlalepula (June) Chabaku. Dis presies soos in 1976, ons leerkenjaar. Mens hoor amper haar baritonstem, want as jy daai praat as eggo van die forse persoonlikheid eenkeer beleef het, kon jy haar as totale pakket verseker nie vergeet nie. So beslis soos dit die rektor in daardie jaar – sy begin-gesprekskennismaking met ‘n Soweto-sterfling, nogal ‘n rotsgehalte vroueleier – dik beïndruk het. En hy wou haar in Suid-Afrika hou toe haar kop Amerika toe staan.

Nou, op 17 Mei 2012, ry ek na daardie plakkaatgedenkdiens in die Regina Mundi Rooms-Katolieke Kerk in Rockville. Dis daar oor dit ruim 2 000 sitplekke het en naby is vir haar mense-op-straat. Haar familiehuisadres is in Moroka. Sy is egter ‘n Metodis en het as teoloog met twee meestersgrade uit die VSA teruggekeer.

Waar die provinsiale roudiens na haar verassing Saterdag vir grootkoppe sal plaasvind, is nie nou belangrik nie.

Wagtende roubeklaers sing koortjies soos ek gewoond geword het met die verloop van 50 jaar se begrafnisse en memorials. Anders egter, is ‘n groep vrolikes wat ritmies om-en-om beweeg in die breë paadjies en hallelujas spoel periodiek oor in struggle-liedere, soos Malibongwe (laat hulle geprys word) Dié kerklied het bekendheid verwerf met die protesoptog in 1956 na die Uniegebou teen die paswet vir vroue. Motlalepula wat toe ‘n jong 24 was, het saam gemarsjeer en was volgens berigte die laaste oorlewende vrou van daardie dag se protes teen apartheidsdwang. Die metafoor van die rotskwaliteit van vroue wat ge-eggo het in die slagspreuk van dáárdie dag, geld sekerlik deurgaans vir sterk vroue in konfrontasie: Wathint’ abafazi, wathint’ imbokodo! If you hit a woman, you hit a rock!

Ook hierdie geïnspireerde dansendes is hoofsaaklik vroue. Hulle is geklee in groen hemde met swart en geel moue, of krae, of instiksels. Enkeles dra geel T-hemde waarop President Zuma se gesig onder fris borste smile. Ander het gedrukte boodskapvariasies van ANC-solidariteit, soos Patriot, Unifier, Servant to the people. Die mamma wat net effens wieg in die agterhoede – sy lyk óf erg verniel, óf is bloot oud – het met haar skoon kombuis-voorskootjie gekom. Hierdie vrolikheid laat my verstaan hoekom die marshal by die deur my  gevra het of ek ‘n jiver is en indien nie, wil ek eenkant sit saam met die rustigeres? Ek is rustig en bloot hier vir hulde, vir onthou, vir weer township-energie indrink, dus beslis nie vir ‘n ANC-jive nie. Ek wil buitendien nooit deel van enige politieke meelewing van enige aard of party wees nie. 

As toeristegids en oud-Soweto-amptenaar is ek nogal vertroud met dié kerk, maar bekyk vandag dit binne die anderste kultuur. Alles is ryk versier met ANC-vlae en alles, almal is mooi sigbaar in die sonskyn wat deur die pragtige groot driehoek- en ander kleurvensters skyn.

Oorkant, regs in die altaarruimte en verwyder van partytooisels, vertoon beeldskoon die skildery van Lawrence Scully. Die meesterlike ‘Swart Madonna en kind’ het hy in 1973 vir die Star-dagblad se Teach Fund geskilder en dit is deur Harry Oppenheimer aangekoop as familie-geskenk vir die Regina Mundi. Net weer hierdie sien, voel ek, is die besoek werd.

Die aanwesiges se aandag is egter eerder op die uitstalling van ‘n galery van die gestorwene se lewensfoto’s voor op die altaartrap. Die treffendste is beslis die van haar wat in ryk versierde blou ampsklere en met die speakersepter van die Vrystaatse Wetgewer, daardie prosessie gelei het.

Agtertoe is selfs oor die helfte van die Christusbeeld ‘n ANC-vlag gedrapeer. Dit is by die marmertafel waarop ‘n fleurige lap ‘n af-hoek bedek. Dié hoek is eens deur die brute woedekrag van ‘n  senior weermagsoffisier met ‘n geweerkolf stukkend gemoker. Die strydlustigheid was glo omdat ‘n veelrassige paneel van leeraars van verskillende denominasies ‘n jaar na die jeug-rewolusie hier gesit en bid het vir die jeug van die land; vir Christus se vrede. Hy het dit egter beskou as ‘n viering van die jeug-opstand en sy skade dien vandag as getuienis van een van die geskiedenis se baie insidente van aggressie, saam met ondertoe in die kergebou die koeëlgate in die plafon, geskiet op 16 Junie 1976. ‘n Wit marmer Christusbeeld in die voorportaal het in die rumoer ‘n arm verloor.

Strydros Motlalepula moet, naas politikus en leraar, veral onthou word as toegewyde onderwyseres en omgeemens. Minister Paul Mashatile is een van die wat in die media gemeld het hoe sy na 1976 se onluste dikwels aan vlugtende jeugdiges ‘n liefdevolle hawe gebied het wanneer die polisie hulle gejag het. Of was dit as daar ‘n blindelingse spervuur van polisiekoeëls gekom het vanuit dáárdie groen sedan?

Dit was juis ook in dié tyd dat ons haar beter leer ken het; wat sy die professor en enkele ander hooggeplaastes binne die RAU se wit veiligheidsones beïndruk het. Ek wonder steeds hoeveel, maar glo tog dat dit vir iets gehelp het.

Terwyl sy in die VSA was, het politieke veranderinge in ons mooi land pynlik stadig gevorder en sowaar, eers op 2 Februarie 1990 het voormalike President F. W. de Klerk onder andere Mandela vrygelaat en die ANC ontban. Op daardie stadium het my loopbaan-ontwikkeling my al byna vier jaar van die hoë struggletyd in die warmste sitplek van Soweto, die pos as behuisingsdirekteur, laat deurbring. Niemand daar buite kan regtig weet hoe hot die sitplek was nie, maar dit was ook in ‘n goeie mate informerend en ‘n voorreg om bystand te gee om die skip op die water te hou.

Na 1990 het ons in die Soweto-opset dus gewoond geraak aan die terugkerende exiles, ander politieke vervreemdes of vrygelates. Eise, versoeke, selfs beskuldigings en byna-aggressie oor stadsbestuursaangeleenthede het volop oor my drumpel gespoel.

Toe eendag hoor ek dáárdie baritonstem in die sekretaresse se kantoor: Eerwaarde Motlalepula Chabaku, terug uit die buiteland en sonder die pasboek June, maar met die ou sjarme. Sy het my nie meer geken nie – net vaagweg die Kontak-vroue onthou. En ja, daardie professor. Natuurlik!

Haar behuisingsprobleem was ‘n voertuig wat in hul familiehuis langs die hoofstraat vasgery het en die dorpsbestuurder wat geweier het om dit te laat herstel op raadskoste. Ek moes verduidelik: “Eerwaarde, maar die huis is privaatbesit. Die geregistreerde huurder het dit gekoop nadat die regering in die begin-tagtigerjare huise te koop aangebied het. Jammer,  maar nou, na die boikot van betalings het ons buitendien nie fondse vir help nie.”

Omdat ek vir die soveelste keer realiteite aan terugkerendes oor hul familie-huise moes oordra en die agressie wat vir die regering bedoel was, op my kop gekry het, het ek sekerlik omgekrap geklink en gelyk. Wat kon ek doen?

Hoe het sy gereageer?

Sy was nie gelukkig nie, maar het haar hand om my skouers geplaas en kalmerend gepraat, my ongevraag verseker dat sy weet dit is nie my persoonlike skuld nie, want ek is maar ‘n amptenaar wat my werk doen. En dat sy beslis teen die wyse is waarop die politiek gewerk het waardeur huise waarin families vir 40+ jaar huur betaal het, aan hulle verkoop is. (Reeds in 1988 het die vorige regering begin om die situasie te herstel en het gewerk aan die gratis oordrag van die huise wat eers regtig in 1995 begin realiseer het. Wat eger verkoop was, was verkoop).

Hierdie koestering van die vrou wat skaars kon onthou dat ons as pioniersgroepie Kontak-vroue – wat reeds voor die jeugrewolusie daardie jaar begin het met rekonsiliasie-pogings –  haar in 1976 ontmoet het. En dat ons ook kon bewerkstellig om haar en nog een of twee vroue wat ek nie eens meer onthou nie, aan die destydse rektor bekend te stel na daardie jaar se gebeure wat ‘n enorme wake up call vir wit Suid-Afrika was. Moontlik is ek die enigste oorlewende wat nog kan vertel hoe twee rotse, met wedersydse respek nogal, mekaar kon ontmoet, reguit die realiteite konfronteer, soms selfs in Afrikaans.

Of dit ‘n haardun krakie in die apartheidsmondering van daardie belangrike Afrikanerreus en sy Broederbond gelaat het, kan net oor gewonder word. Maar daar was daarna by RAU ander ontmoetings met townshipmense van betekenis en waarvan Kontak enkele ander name kon deurgee. Ek onthou ook hoe aan die einde van dáárdie dag van die baanbrekergesprek Prof. Gerrit Viljoen by Motlalepula gepleit het: “June, vergeet asseblief van Amerika. Ons het jou hier nodig om saam te werk aan die toekoms.”

Sy was egter gedetermineerd om te gaan. Buitendien, as sy gebly het, sou sy besmoontlik op ‘n stadium, soos maklik in daardie tyd gebeur het, aangehou geword het sonder verhoor, of soiets. Sy kon dus met minder bagasie terugkeer om met lojaliteit en liefde in haar hart, met daardie merkwaardig gees en baritonstem, te help bou; help met die leer van hoe om om te gee – en om selfs ‘n klip uit my skoen te haal en ‘n hernude vriendskap.

Wathint’ abafazi, wathint’ imbokodo.

Motlalepula, die Donderdag onthou ek jou, hoe wit rots vir swart rots in die oë gekyk het – en andersom.  

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 11-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 12-25°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 15-28°C High level clouds. Warm. PE: 17-26°C High level clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!