A! Madame Joliet!

2012-10-10 12:52

Pikante harpklankies trek my aandag so in die soek na ’n skadukol in die Jardin du Palais-Royal. Onder die lindelaan by die fontein kry ek gewoonlik rusplek in een van Parys se mooiste verskuilde tuine. Maar vandag steek ek vas in die koel arkade op soek na die oorsprong van die verleidelike musiek.

Die onmiskenbare melodie van “La Vie en Rose” kom uit ’n winkeltjie so groot soos ’n ouderwetse musiekdosie. Hier word slegs opwen-melodieë in kissies verkoop. Kleintjies en grotes. Piepklein kartondosies met ’n draadslingertjie wat al die bekende liedjies uitblaker, soos “Frère Jacques” en “Claire de Lune”. Selfs Amerikaanse ditties soos “Love Story” is te vinde. Daar’s ook kosbare antieke kissies met bleek perlemoer-rose en ’n draai-drommetjie wat arias uit La Traviata uitlaat.

Anna Joliet is die eienares wat al vir ’n leeftyd haar winkeltjie hier bedryf. Sy vertel dat die skrywer Colette, in haar later jare, dikwels na volksdeuntjies wou luister. Dit voer haar terug na sorglose kinderdae waar sy vir ure Schubert-deuntjies op die klavier kon speel. Later het sy met Jean Cocteau verbygekom. Hy wou graag Gigi se temaliedjie hoor. La Callas, wat dikwels middagete by die Grand Vefour langsaan geniet het, het glo eendag met ’n triste gesig kom vra vir ’n kissie wat ietsie uit Zorba the Greek kon speel.

Gister doen Madame Joliet iets onverwags. Sy gee vir my ’n klein musiek-masjientjie as kado’tjie saam. By die fontein haal ek my geskenkie uit die papiersakkie waarop in sierskrif geskryf staan: Le Chêne – Franz Schubert.

Ek begin draai. Die jare val soos trane weg. Onder ’n dak van blare in ’n ver land sing die kartonboksie vir my ’n deuntjie uit my kinderjare: “Daar buite langs die woonhuis, daar staan ’n eikeboom…”  

Louis Jansen van Vuuren is ’n kunstenaar en verdeel sy tyd tussen die Wes-Kaap en Frankryk.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: -1-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-23°C Morning clouds. Mild. PE: 8-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Disability Claims Consultant – Centurion

Centurion
DAV Professional Placement Group
R300 000 Per Year

Senior Developer - C#

Randburg
DAV Professional Placement Group
R320 000 - R420 000 Per Year

Fund Accountant

Cape Town
DAV Professional Placement Group

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!