Aan Jonathan, op 16
2012-09-26 12:52
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Die eerste ding wat ek jou wil vertel, is dat jy orraait sal wees. As ek terugkyk, onthou ek al die frustrasies, onsekerhede en vrese.
Sal ek dit maak? Sal ek slim genoeg wees? Wat as ek die verkeerde vakke kies? Sal enigiemand van my hou? Hoekom is dit so moeilik om wiskunde goed deur te kom?
[LOL] Hier’s die goeie nuus. Jy sal orraait wees. Hier is vyf noodsaaklike besluite wat ek jou ten sterkste aanraai.
Een: Kies sterre. As jy uithang met die verkeerde mense, word jy soos hulle. Soek vriende wat beter en meer ambisieus is as jy.
Twee: Waag kanse. Jy sal nooit weet wie jy is en wat jy kan doen as jy nie buite jou gemaksone beweeg en jouself uitdaag nie. Ja, jy kan jouself embarress om in die Idols-kompetisie te sing of om jou eerste boek te skryf, maar dink net wat jy uit daardie ondervinding sal leer.
Drie: Werk hard. Dit klink beslis nie cool nie, ek weet. Die waarheid is dat jy nie baie ver gaan kom tensy jy harder, slimmer en vinniger as dié rondom jou werk nie. Jy word raakgesien as jy die ekstra myl loop. Ek weet vir seker daar is geen kortpaaie in die lewe nie.
Vier: Droom groot. Besluit vroeg al wat jy met jou lewe wil doen. Verstaan die vereistes om daardie droom-loopbaan of top-pos te bereik. Spaar jou sente om jou daar te kry.
Vyf: Lag baie. Die lewe is te kort om kwaad te wees. Moet nooit jouself te ernstig opneem nie. Kyk in die spieël en lag lekker. Vir die goeie in ander – en jouself – en kry balans tussen erns en lag.
Jonathan Jansen is rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat en uitgesproke kommentator.
*Vertaal en verkort uit Letters to my 16½ year old self, deur Samantha Page (red.), Jacana, R195