Aardklop-feeskunstenaar Daniel Naudé

2012-10-05 11:16

Foto: Jan Ras

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis ’n groot jaar vir dié jong fotograaf wat bekendheid verwerf het met sy reeks portrette van Africanis-honde: Hy is die Aardklop-feeskunstenaar, sy eerste hardebandboek, Animal Farm, word binnekort uitgereik en hy is gekies om in November aan die gesogte Paris Photo-uitstalling deel te neem.

Baie mense het ’n storie oor iets wat oor hulle pad kom en hulle lewe vir ewig verander, maar dis byna nooit so letterlik soos in Daniel Naudé se geval nie. Dit was op ’n road trip deur die Karoo dat hy ’n brandsiek hond oor die pad sien hardloop het. Die dier was duidelik wild en verskrik, maar het vir ’n sekonde gevries en oogkontak gemaak met die jong man in die motor voor hy stert-tussen-die-bene die veld in is.

Daardie oomblik van konneksie met die hond was vir Daniel, toe ’n student in grafiese ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch, so intens en betekenisvol dat hy summier besluit het om nóg sulke oomblikke na te jaag en vas te vang. Hy het begin om die land plat te ry op soek na Africanis-honde. Net hy, sy medium-formaat-kamera en sy gedagtes oor die komplekse aard van identiteit, en wat dit beteken om ’n Suid-Afrikaner te wees.

Die resultaat was sy verstommende reeks foto’s van Africanis wat sy kunsloopbaan plaaslik en internasionaal van stapel gestuur het. Sy tweede reeks, African Scenery & Animals, het verder op die Africanis-foto’s voortgebou – dié slag met foto’s van ander diere en landskappe ook – en sy reputasie as ’n fotograaf van formaat gevestig.

Vandag kos een van Daniel se foto’s tussen R11 000 en R26 000 en hoef hy nie meer assistent te speel of grafiese ontwerp te doen om die pot aan die kook te hou nie: Hy is heeltyds kunstenaar, en het altyd genoeg geld om minstens film te koop!

Maar Daniel lyk min gepla oor geld of reputasie waar hy oorkant my sit in ’n koffiewinkel naby die Michael Stevenson-galery in Kaapstad. Net soos sy foto’s is hy self vól stories. Ek volg hom op ’n warrelwind-toer deur sy kinderjare, toe hy as seuntjie graag met sy ouers se ou Nikon gespeel het; sy hoërskooldae aan Paul Roos en die fotografie-kursus wat hy geloop het voor hy Switserland en Londen toe is om as hande-arbeider te gaan werk.

“Ek het 42 000 km deur Switserland gery om goed af te lewer. Jy’s alleen en jy’t ’n kamera en jy ry, dis ’n vreemde land, ’n ander taal. Jy sien dan anders. Jy begin goed interessant vind.”

Hy het met stapels foto’s en ’n ingestelde oog teruggekom om grafiese ontwerp te studeer aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy tydens sy derde jaar sy eerste hond afgeneem het.

Die res is, soos hulle sê, geskiedenis, maar dis gelukkig ’n geskiedenis wat mens foto-vir-foto kan volg. En nou word die foto’s ook aan ’n wyer gehoor bekend gestel met sy aanwysing as Aardklop-feeskunstenaar.

Daniel is baie opgewonde oor die uitstalling op Potchefstroom, want hoewel hy al solo-uitstallings in die Kaap gehad het, kry Gautengers nou vir die eerste keer die geleentheid om dié verbluffende foto’s te sien.

En wat is volgende? Daniel is reeds weer aan die jag met sy kamera, soms op sy eie, en soms saam met sy vrou, Caren, wat hom partymaal help om donkies, honde en ander gediertes te oortuig om hulle staan voor die kamera te kry!

Die gejaag na die perfekte foto is vir hom dringend – soos honger of ’n verslawing.

Daardie eerste ontmoeting met die hond het iets in hom wakker gemaak en elke foto daarna is ’n poging om ’n stukkie van daardie oomblik vas te vang. Hy’s op pad: gefokus, vasberade en presies ingestel op wat hy wil hê en wat hy met sy kamera vir mense wil sê. 

*Animal Farm word tydens Aardklop in die NWU-galery uitgestal. Toegang is gratis.

As jy enige fotograaf (lewend of dood) kon ontmoet, wie sou jy kies?

Joel Sternfeld is vir my ’n ongelooflike fotograaf. (Hy is ’n Amerikaner wat bekend is vir sy dokumentêre kleurfoto’s van die VSA.) Hy het my ontsettend geïnspireer! Ek wil net hang met hom, ek wil sien hoe hy skiet en met hom gesels…

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Konsultante

Midrand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R35 000 Per Month

Internal sales IMMEDIATELY AVAILABLE

Johannesburg
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Konsultante

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R35 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!