Athol Fugard: 'n Wyse gryse

2013-02-13 10:14

FOTO: JESSE KRAMER

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Athol Fugard oor ouer word ‘Een van die dinge wat gebeur wanneer jy die ouderdom van 80 bereik, is dat jy oplaas alles wat jy nodig het binne-in jouself vind. Volgens my lê die grootste avonture nog voor… ’

Van watter loopbaan het jy as ’n kind gedroom?
Sonder twyfel om skrywer te word, maar ek het ook ’n belangstelling in die natuur en wetenskap gehad. Die natuur is steeds van groot belang in my lewe. My dagboek is vol van die voëltjies wat ek sien.

Jy het jou studies kort voor jou finale eksamen gestaak en eerder deur Afrika gaan reis met ’n rugsak. Was jy ooit spyt daaroor?
Nee, glad nie. Ek sou nie in die akademiese wêreld ingepas het nie. In my rugsak was daar net ’n paar blikkies sardientjies, ek het 10 pond in my sak gehad en ek het in die bekende filosoof Martin Versfeld se kantoor gaan sit en gesels oor my besluit. Hy kon nie verstaan waarom ek die universiteit wou verlaat nie, maar ek het vir hom
gesê: “Martin, ek wil nie op die ou end jy wees nie.” Hy’t net lekker gelag.

Wat is die grootste fout wat jy in jou loopbaan begaan het?
Ek voel nog spyt dat ek as jong man, een aand toe ek dronk was, my eerste poging tot ’n storie oor my ma se lewe in ’n strandmeer in Fiji gegooi het. Ek sou dit graag wou bewaar.

Hoe hanteer jy ’n groot terugslag soos ’n vooraanstaande resensent se snydende resensie van The Blood Knot in Londen?
O, jy pleeg selfmoord! (Lag.) Ek bedoel emosioneel. Jy gaan lê en jy gaan dood. Jy hoef nie eens selfmoord te pleeg nie! Dit maak seer! Dit maak verskriklik seer. Jy verloor jou geloof in jouself. Maar op een of ander manier, as jy moet skryf, sal jy skryf. En daardie drang is sterker en sal later seëvier oor die verplettering. Dan dink jy: “To hell with you! Hier is my volgende toneelstuk.” En dis Hello and Goodbye

Watter waardes rig jou werk en lewe?
Dis maklik om te antwoord: die inherente waardigheid en skoonheid in elke enkele mens. Al maak hulle ’n fokop van hulle lewens en doen hulle bes om hulleself lelik te maak, is almal in hulle diepste wese onskuldig. Ek glo in verlossing, en as ek ooit tot die gevolgtrekking kom dat daar ’n enkele mens is wat nie verlos kan word nie, dan sal ek ophou skryf. Dís my kern-geloof.

In die 1980’s het jy in ’n onderhoud teenoor Lloyd Richards gesê: “I am singularly prone to that most human of all diseases: guilt.”
Voel jy vandag nog skuldig? Dis nog erger soos die jare verbyloop. Ja. Ja. Ag ja, jy weet… As jy ’n toneelstuk skryf, maak dit op die ou end enige verskil? Mense gaan aan, maak dieselfde foute. Kyk na Suid-Afrika. Ons het almal nog ’n possie in Tamatiestraat.

Waarom nou, ná al die jare, ’n Afrikaanse drama?
Dit het begin met ’n storie wat my ma vir my vertel het toe ek nog ’n jong skrywer was. Sy was Afrikaans, ’n nooi Potgieter, en sy’t geweet dat ek belang gestel het in haar lewe en hoe sy grootgeword het op Middelburg in die Kaap. Eenmaal het sy vertel hoe sy by vriende gaan kuier het op die naburige plaas, en toe sy terugstap dorp toe kry sy ’n karretjie uitgespan langs die pad. Onder die karretjie was ’n vrou besig om geboorte te gee. Net haar man was daar om haar te help, net die twee van hulle. My ma het probeer help en is die volgende dag weer terug na die plek waar die karretjie gestaan het, maar die mense was weg. Daardie storie het ’n diep indruk op my gemaak. Dis die eerste keer wat ek in aanraking gekom het met daardie sub-kultuur van donkiekar-mense in die Karoo. Jare later het sy gevra: “Nou wanneer gaan jy ’n stuk in my taal skryf? Sal jy dit eendag doen?” En ek het gesê: “Ja, Ma! Ek sal dit doen… ” En hier is dit nou.

Hoe het dit gekom dat jy saam met Riana Steyn aan die teks vir Die Laaste Karretjiegraf gewerk het?

Ek dink die pous moet vir Google kanoniseer as die Heilige van skrywers. Jy kan enigiets in daai Google-soekmasjien sit en jy sal kry waarvoor jy soek! Dis wat ek gedoen het. My eerste hit was die meesterstesis wat Riana geskryf het. Ek het dit gelees en onmiddellik geweet: Hier is al die inligting wat ek nodig het om daardie belofte aan my ma te bewaarheid. Riana was ongelooflik – van die oomblik dat ek haar gekontak en haar vertel het van my belangstelling in die Karretjiemense, was sy só vrygewig met haar inligting.

Het jy gehou van die fliek wat van jou boek Tsotsi gemaak is?
Absoluut, behalwe vir die lafhartigheid van die einde, waar hy ’n skoon wit hemp dra en die baba teruggee, en dis ’n Hollywood-styl gelukkige einde. Ek het dit vir Gavin (Hood, die regisseur) gesê. Dis eenvoudig ’n skending van my werk, want ek maak geen toegewings nie. Suid-Afrika is nie die land van gelukkige eindes nie en as jy my nie glo nie, gaan praat met mense in Khayalitsha wanneer dit reën en hulle wêreld deur vloedwater binnegeval word.

Is daar dan hoop vir Suid-Afrika, en as daar is, wat is dit?

Die nuwe generasie van jong Suid-Afrikaners. Ek is bevoorreg om ’n proeseltjie daarvan te gehad het nou op Stellenbosch, en selfs hier in Kaapstad, as ek my oë oophou en mense dophou: Ek sien jongmense wat, ondanks die absoluut verregaande gemors wat politici van die land maak, begin skep in terme van persoonlike verhoudings.

Wat is jou grootste plesier in die lewe?
Jy moet weet, ek geniet die lewe. My private lewe. My grootste plesier kom beslis nie uit die toneel uit nie, uit die verhoog nie… As ek dit regkry om vir die eerste keer die naam van ’n nuwe voëltjie op my lys te skryf, ’n voëltjie wat ek nog nie voorheen gesien het nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Persoonlike verhoudings met mense – groot plesier daarin. My kleinseun, Gavin. Ek het hom leer visvang en hy is nou, op nege, ’n bobaas visserman. Musiek. Ek was vir ’n lang tyd ’n alkoholis en toe het ek opgehou en vir omtrent 30 jaar nie aan alkohol geraak nie. My musiek was my oorlewingsmeganisme. Ek geniet nou weer ’n glas rooiwyn. Soos Jan Rabie eenmaal vir my gesê het: Athol, the greatest homage we can pay the earth, is to drink a glass of red wine.

Wat was jou grootste triomf?
Sjoe, ek moet nou terugkyk oor 50 jaar… Triomf? Ek glo nie daar was ’n oomblik wanneer ek sonder twyfel kon sê “Dit was nou ’n oomblik van triomf” nie. Ek het altyd maar net gedoen wat ek moet doen… die toneelstuk geskryf. Miskien is ek nog op soek na só ’n oomblik, en dis waarom ek gaan aanhou skryf.  

* Athol Fugard word by vanjaar se Woordfees vereer en sal deelneem aan ’n gesprek met Mannie Manim en voorlees uit ’n nuwe kortverhaal. Die fees vind van 1 tot 10 Maart op Stellenbosch plaas. Die Laaste Karretjiegraf is tot 23 Februarie in Die Fugard-teater in Kaapstad te sien.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!