Cameron kán!

2012-07-24 12:53

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy goud by die Japannees Kosuke Kitajima wil afneem, moet jy goed wees. En die 24-jarige borsslagswemmer Cameron van der Burgh is. Só glo Ryk Neethling, ’n voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese gouemedalje-wenner en Cameron se agent.

Trouens, Ryk glo ’n Olimpiese dubbel is nie buite Cameron se bereik nie.

Dit gaan weliswaar ’n grootse poging verg om die Amerikaners (al ooit gehoor van Michael Phelps en Ryan Lochte?) en die Japannees van goud en silwer te weerhou. Die 29-jarige Kosuke het by die afgelope twee Olimpiese Speles die goud gewen in sowel die 200 m- as die 100 m-borsslag. Maar aan die begin van Junie het Cameron teruggekap by die Mare Nostrum-byeenkoms in Barcelona en ’n unieke uitdaging gerig aan die Japannees deur die 100 m-borsslag in ’n tyd van 59.73 sek. te wen, die vierde beste tyd vanjaar.

“Dit was ’n tonikum vir my selfvertroue. Die tye is belangriker vir my as die sege. Dit onderstreep dat my voorbereiding werk,” het hy uit Pescara in Italië laat weet, waar die Olimpiese span vir die Spele oefen. Die span was tot 8 Julie daar. Hulle behoort vandag na Londen te vertrek.

Hoe voel jy oor jou voorbereiding vir die Spele? Ek het vanjaar harder gewerk as ooit tevore. Ek sien vordering in my tye. Ek is nie die gunsteling by die Spele nie, meer die buiteperd. En ek verkies dit so.

Wie gaan jou ondersteun?
My ouers, David en Beverley.

En jou meisie? [Cameron, ’n student in B.Comm-regte aan die Universiteit van Pretoria, het die afgelope drie jaar ’n vaste meisie, Jana.]
Ons bestee soveel tyd moontlik saam. Ek reis baie, so verhoudings kan moeilik wees. Maar vertroue is die geheim…

Waar gaan julle bly in Londen en wat eet julle?
In die Olimpiese dorp. Daar is food courts orals met enigiets van soesji tot kerries, selfs McDonald’s. Dis alles gratis, so jy moet jou gewig dophou. Gelukkig gaan ons eers na ’n oefenkamp in Parys voordat ons Londen toe vertrek.

Hoe lyk ’n dag tydens die Spele?
Ons doen ons opwarmings¬oefeninge elke oggend van nege-uur tot elfuur. Daarna eet ons, kry ’n massering en pas ’n vinnige slapie in. Dan is dit weer terug swembad toe vir ’n opwarming¬sessie om vieruur en snel-oefensessies van ses tot agt.

Wat was jou beste Olimpiese oomblik?
Toe ek in 2008 die eindstryd gehaal het. As toeskouer was dit ongetwyfeld die vertoning van Michael Phelps. Hy het agt goues gewen. Dit sien jy net een keer in ’n leeftyd!

En as jy nie na swem kyk nie?
Ek’s mal oor sokker en ’n gróót Arsenal-ondersteuner.

Wat beskou jy as die faktor X van sukses?
Tydsberekening. Vanjaar was my tye baie vinniger as verlede jaar en liggaamlik is ek op ’n hoogtepunt. Maar dis baie moeilik om op die regte oomblik jou plato te bereik. Dis die taaiste van alles. Verongeluk dit en jy smyt ’n hele jaar se oefenprogram by die venster uit. Die regte peil op die gepaste oomblik asook my geestelike voorbereiding is die belangrikste faktore.  

5 DINGE WAT JY NIE VAN CAMERON  GEWEET HET NIE

ELF Aantal wêreldrekords wat hy al verbeter het.

BRANDERPLANKRY Cameron se sport wat hy deesdae beoefen afgesien van swem (met Jeffreysbaai as gunsteling-uithangplek).

HENNING GERICKE Die sportsielkundige met wie Cameron praat om sy emosies te beheer voor ’n groot byeenkoms.
SLAPELOOSHEID Iets waarmee Cameron soms sukkel voor ’n groot byeenkoms.

BRONS Sy grootste prestasie naas die wêreldrekords. Hy het brons verower in die 100 m-borsslag by die Wêreldbyeenkoms verlede jaar.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C Sunny. Mild. Pta: 12-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 12-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 15-28°C High level clouds. Warm. PE: 17-26°C Rain late. Afternoon clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

SLEGS EEN DAG - 50% afslag op 1000de speelgoed

Kry 50% afslag op 1000de speelgoed. Aanbod geldig vir uitgesoekte speelgoed. Koop nou! Terme en voorwaardes geld.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!