Die blond met die breins

2010-03-06 16:53

Foto: Herman Verwey

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is ’n doodgewone weeksdag in Randburg, Johannesburg, toe ons vir GiGi in haar ontkleedansklub ontmoet.

Sy is mede-eienaar van die Lollipop Lounge en 60 vroue werk vir haar.

Daar is nie meer sprake van die blondie op die eiland sonder ’n druppel grimering en met bytmerke deur sandluise regoor haar lyf nie. Dié keer is sy keurig gegrimeer, stylvol aangetrek van haar kroontjie tot haar gehoëhakte toontjie en heeltemal in beheer van sake hier in haar koninkryk.

Sy is vriendelik, selfversekerd en sy praat foutlose Afrikaans. Wanneer haar iPhone lui, slaan sy ewe gemaklik oor na foutlose Engels.

Sy vertel dat sy op 42 glad nie meer self dans nie, maar ja, sy mis dit. Want sien, sy is ’n performer en dis wat sy eindelik die heel beste doen.

Tog werk sy elke dag nou saam met haar danseresse in die klub. Sy ken elkeen van hulle op die naam, sy weet selfs waarom hulle dans en waarvoor.

“Die feit dat ek self my lewe lank in die bedryf gewerk het, maak dat ek hierdie meisies verstaan. Ek weet hoe dit voel om twee-uur in die oggend vir ’n dronk man te dans. Ek weet hoe hom hulle te hanteer...”

En tog, in dieselfde asem sê sy dat daar niks morsig of platvloers is aan dit wat hulle doen nie. Mans kom na ontkleeklubs toe om van hul alledaagse lewe te ontsnap. Hulle kom vir die fantasie ...

En hierdie is vroue wat ’n doodgewone werk doen.

“Soveel vroue dink ons is hier om hulle mans te verlei en eintlik is niks verder van die waarheid nie. Die meisies is hier om ’n spesifieke rol te vervul – hulle is vermaaklikheidskunstenaars, hulle dans sonder klere vir geld. Dis al.”

Sy het jare gelede half-toevallig in die eksotiese-dansbedryf beland. Sy is as Perle van Schalkwyk in die Paarl gebore.

Haar pa was ’n musiekdosent en in hul huis was daar baie klassieke musiek en kuns.

Ná skool het Perle drama aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en daar het sy haar eerste naaktoneel gedoen.

“Ek beskou my lyf as ’n Godgegewe talent. Ek gebruik my talent net soos iemand wat kan sing haar talent gebruik.

“Dis eintlik baie eenvoudig ...”

Sy het altyd die rol van die sexy verleidster of die slavin met die min klere losgeslaan – en naaktheid was nooit vir haar ’n kwessie nie. Sy was eenvoudig nog altyd baie gemaklik in en met haar lyf en sy weet beslis hoe om dit tot haar voordeel te gebruik.

Sy het as eksotiese danser begin werk nadat sy in ’n oudisie sonder ’n bostuk moes dans ... en sedertdien ken sy die krag van eksotiese danse baie goed.

“Ja, daar kleef ’n stigma aan sommige danseresse, veral omdat mense dink almal van hulle gebruik dwelms en gaan verder as net dans. Maar ék was die afgelope 15 jaar van my lewe so hard besig om aan my loopbaan te werk, om geld te maak, dat daar eerlikwaar nie tyd was vir dwelms nie. Soms het ek 12 uur aanmekaar gewerk.

“Ek was nog altyd slim genoeg om te weet wat dwelms aan my loopbaan sou doen en dis waarom ek ’n bitter streng beleid hier in my klub volg. My meisies weet dat ek nie ’n vrot appel hier sal duld nie.”

Sy is die enigste vroue-eienaar van ’n eksotiese-dansklub in die land. En sy glo haar sukses is juis daaraan te danke dat sy die bedryf so goed ken. En ja, sy kén mans. Sy weet dat hulle hierheen kom om goed te voel, om ’n fantasie uit te leef. Al het hulle ’n groot boep en stink sweetkolle op hul geruite hemp. Hulle wil goed en gelief voel.

En anders as sommige van haar mans-eweknieë wat ook groot klubs besit, sal sy nooit ’n meisie eers laat uittrek en haar lyf??“inspekteer” voordat sy haar as danseres aanstel nie.

“Party mans hou juis van die groter meisies!”

Haar dansers word almal goed betaal en dit is ’n lonende bedryf, dié dansbedryf. Danseresse verdien tussen R5?000 en R10 000 per week.

GiGi is ’n getroude vrou, maar oor die liefde in haar lewe is sy baie geheimsinnig.

“Ons is baie gelukkig getroud en die rede daarvoor is omdat hy my die vryheid gee om te wees wat ek wil wees. Hy weet ek geniet dit wat ek doen en hy vertrou my.”

Sy bly in Sandton en is mal oor haar katte.

Hoewel nie almal saamstem met dít wat sy doen en waarmee sy haar brood en botter verdien nie, is GiGi ’n slim sakevrou wat op Survivor bewys dat sy presies weet hoe om ’n spel voluit te speel.

“Die meisies is hier om ’n spesifieke rol te vervul – hulle is vermaaklikheidskunstenaars, hulle dans sonder klere vir geld. Dis al.”

“Ek beskou my lyf as ’n Godgegewe talent. Ek gebruik my talent net soos iemand wat kan sing haar talent gebruik. Dis eintlik baie eenvoudig...”

Nóg oor GiGi

Buiten vir haar mooi bruingebrande lyfie, haar modieuse blonde kapsel en haar opvallende groot glimlag, het GiGi glad nie veel aandag getrek in die eerste paar episodes van Survivor Santa Carolina wat elke Woensdag op M-Net uitgesaai word nie.

Ja, dat mense geweet en gewonder het oor die sogenaamde eksotiese danser wat nie skaam is om haar klere te laat waai nie, is darem ook nie altemit nie. Maar was dit nié vir hierdie agtergrondinligting nie, sou ’n mens waarskynlik nie twee keer gedink het oor hierdie pop nie – juis omdat sy aanvanklik so onder die radar beweeg het.

En tog, stadig maar seker is GiGi besig om te wys ’n mens moet haar nie onderskat nie. Sy verras kykers met haar slim planne, strategieë en die manier hoe sy die speletjie speel. Sy is uitgeslape en sy is verseker slim. Soveel só dat dit amper lyk asof sy nog al die tyd ’n fynbeplande strategie gehad het – om aanvanklik so skadeloos as moontlik voor te kom, terwyl sy nou begin beheer en leiding neem.

En die een ding wat almal teen dié tyd nou verseker weet, is dat GiGi beslis nie ’n leëkop stripper met ’n mooi lyfie is nie.


- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Rob 3/7/2010 11:25:42 AM
Why are you, a woman, trying so hard to promote and normalise what Gigi actually does. she pimps out other women to men. Only the very naive or disingenuous believe lap dancing is innocent fun and games. Why dont you stop doing promotional pieces and ask the hard questions relating to the prostitution, trafficking and drugs in that trade. Ask about the backgrounds of most of the so called dancers and how they ended up masturbating other women's men for a living. In fact why not question how much money they really get and how much Gigi gets
Lolipop fan 3/7/2010 1:06:39 PM
Rob , jy was seker nog nie by die Lollipop nie . En ons girls hou ook van die danseresse....
Proffie 3/7/2010 6:49:33 PM
@Rob. Rob old pal, get a life son. Chill. The world won't come to an end.
helen 3/8/2010 10:11:48 AM
I agree 100% Rob. Well said. Ons moet net bly by ons beginsels al sê ander ook wat. Enige vorm van onsedelikheid en losbandigheid is, was en sal altyd 'n euwel wees al sê die mense ook wat.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-18°C Sunny. Mild. Pta: 9-28°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 7-24°C Sunny. Mild. Bfn: 3-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 16-25°C Sunny. Mild. PE: 13-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 6 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr
2010
R 265,995.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2009
R 315,000.00

TOYOTA

Corolla 2.0 D-4D Exclusive Dsl
2008
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...