Die gedierte in jou keel

2012-07-24 12:53

Dit begin gewoonlik laatnag in daai sagte plekkie waar jou kakebeen se hoek jou gorrel groet. ’n Krieweling, soos ’n koors wat nesskop. Eers dink jy: Dis net die aandlug wat so koud by die venster inwaai, of ’n koekiekrummel van vroeër.

Maar dan sluk jy.

Die vreemde gediertetjie ontwaak uit sy sluimering en bestorm jou binne-oor met ’n warm spons in elke klou. Dié prop hy met ’n klotsklank agter jou oortrom vas en duik dan af, verby sy lêplek, om met die volgende sluk ’n mandjie turksvye in jou keel om te dop.

Hy kekkel van lekkerkry, trap wydsbeen teen jou mangels vas en wriemel sy skraal, harige armpies in jou sinuskanale op om jou neus met sy kneukels te knie totdat jy nies.

Jy draai om op die ander sy en bly vir nog ’n paar tellings lê – oë nou oop. Die asem stoot dan eensklaps so warm deur jou neus uit, en is dit sweet teen jou slape? Dié tyd van die nag?

Jy sluk weer, en die oor wat nou bo lê, word ook toegestop. Dan vlieg jy op, klap wild na die bedlampie se skakelaar, gee ’n versigtige kuggie. Nee, daar is darem nog nie ’n roggel nie. Jy strompel badkamer toe en vroetel met vaak vingers tussen die boksies, buisies en botteltjies in die kas rond. Alles wat oranje is, pak jy op die wasbakrand uit – gevolg deur die potjie Vicks, vir voorkoming.

Die derduiwel het nou sy intrek in jou vel geneem en jou polsgewrigte voel so dig.

Koue kraan oop, tinfoelie wat knars soos jy angstig kapsules uitdruk. Jy sluk die hele lot, gevolg deur ’n bruistablet en ’n paar Echinacea-druppels.

Maar jy weet: Jy kan net sowel ’n koppie kasaterwater wegslaan, want dié bliksempie gaan aanhou rinkink tot sy gô uit is.

Terug bed toe, plof neer.

Ons kan mense op die maan neersit, maar nie ’n simpel verkoue stuit nie. Iewers het iets skeef¬geloop…  

Sophia van Taak is artikelredakteur by Weg!.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.