Duur diagnose

2013-02-02 23:25

Ek was nog net ’n enkele keer by die geboorte van ’n mens teenwoordig. My eie. En dit was die eerste keer dat ek ’n dokter aanskou het.

Was dit maar ook die laaste gewees…

Maar toe ek hom so loer, nadat ek die vrugwater uit my oë gevee het, het ek geweet: Van jou soort sal ek nooit ontslae wees nie. Klein soos ek was, het ek natuurlik reg gehad, want dit is net ’n handjievol geseëndes wat nooit siek word nie.

My effens negatiewe beskouing aangaande dokters het onlangs ’n nuwe dimensie ryker geword. Ek is deur welmenende vriende na die volmaakte huisarts verwys: Sy bedside manner is subliem; hy behandel sy pasiënte as ménse; hy maak hom nie aan oorhaastigheid skuldig nie, want hy is duur genoeg om ordentlike wins uit ’n veel kleiner omset te maak.

My kwaal was die begin van ’n liesbreuk, het ek vermoed, maar ek wou sekerheid hê sodat ek die nodige lapwerk kon laat doen, sou dit nodig wees.

Die nuwe dokter het my binne sekondes op my gemak gestel voor hy my versoek het om die kwellende liggaamsdeel bloot te lê.

Hy het sy wysvinger op die ertjiegrootte bultjie geplaas en sagkens drukking daarop uitgeoefen. Sagkens, tot daardie kundige vingerpunt die effense skeurtjie in my
liesvlies gevind, dit wyd oopgedwing en my buikholte binnegedring het – ’n erg pynlike ervaring.

Toe die dokter sy vinger uit my lyf haal, het ’n stewige bult in dié se plek verskyn, wat hy terstond deeglik bestudeer het.

“Sonder twyfel ’n liesbreuk – ons sal moet opereer,” het hy verklaar.

Sedertdien druk ek my derms maar op gereelde grondslag terug deur die skeur in afwagting op die afspraak wat my goedkoper, meer stugge dokter vir my by die hospitaal gemaak het.  

Jan van Tonder is die skrywer van onder meer Roepman.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.