En van watter Barnards is jy?

2012-07-14 16:02

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Is jy ’n Barnard, Boesak, Steyn of Verwoerd? ’n Bekende familienaam kan ’n seën wees – of die albatros om jou nek. Hoor wat sê ’n viertal wat ’n gewigtige van dra.

ARMIN BARNARD (23)



Dis ’n gepaste ironie dat die woonstelblok in Seepunt, Kaapstad, waar Armin Barnard woon se naam Legacy is. Want as jongste seun van die eertydse hartchirurg dr. Chris Barnard is hy deeglik bewus van die erflating wat ’n beroemde naam inhou.

Armin se ma, Karin, was Chris se derde vrou en hulle huwelik was op die rotse voor Chris in 2001 dood is. Armin was 12 jaar oud en sy sussie, Lara, vier.

“My suster het my onlangs uitgevra oor ons pa en ek voel jammer vir haar dat sy so min van hom kan onthou. Ek het kleintyd op die rusbank sit en luister hoe een van die wysste mense praat oor alles van medisyne tot liefde tot die natuur.”

In Armin sien jy sy pa se sjarmante glimlag en fynbesnede neus – selfs sy ore! – en ook die sprankel van ’n man wat lief was vir die lewe.

“Dit voel soms of ek ’n kombinasie van al die Barnard-mans is – ek het iets intellektueels en analities soos my pa en my halfbroer, Frederick, maar ek is ook speels,
kreatief en sosiaal soos my ander broer, Christiaan.”

Ja-ja, soos sy pa en broers is Armin ook lief vir vroue: “Maar ons is nie rokjagters nie! Ons respekteer vroue.

Al die Barnard-mans is passievol, romanties en diep-sinnig. En baie emosioneel, altyd die eerste om bewoë te raak by ’n troue!”

Die Barnard-naam is ’n seën, nie ’n las nie, sê Armin. “Maar ek het nog nooit met my naam te koop geloop nie.”

Toe hy teen die einde van sy matriekjaar op ’n loopbaan moes besluit, het die Barnard-naam nogal swaar op hom gerus, sê Armin.

“Die druk om te presteer kom van myself en die goedbedoelde verwagtings van mense buite ons familie. Dit kom van die vroue wat werk in die Wimpy op Beaufort-Wes wat my sien grootword het en elke jaar vra: ‘Hoe gaan dit? Is jy nou al ’n dokter?’

“Soms wens ek ek het medies gaan swot sodat ek met die stetoskoop kan staan en sê: ‘Hallo, is julle almal nou gelukkig? En kan ek nou aangaan met my lewe…?’”

Hy het uiteindelik ekonomie en finansies aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. “En ek kan nie wag om einde van die jaar klaar te maak nie. Die akademie akkordeer nie met my nie!”

Armin se hegte gesinslewe is die belangrikste steun-pilaar in sy lewe. Hy het ’n goeie verhouding met sy stiefpa, Saul Berman, sy jonger sussie, Leah (9), en kleinboet Zach (6).

Hoewel hy weet sy pa het gehoop hy sal as dokter in sy voetspore volg, glo Armin ook Chris sou hom net gelukkig wou sien.

“Ek dink my pa sou gesê het: ‘Moenie worry nie, doen net wat jou hart vir jou sê.’” 


BONNIE STEYN (29)



In Bonnie Steyn se are vloei die bloed van ’n stoere Boerekryger en ’n rits regslui wat diep spore in Suid-Afrika getrap het. Dis nie toevallig dat sy en haar broer en suster ook regte studeer het nie. Daar word dikwels van die Steyns as “Vry-staatse adel” gepraat.

“Ek’s trots om te kan sê ek is familie van oudpresident M.T. Steyn. My oupa Theunie was die hoof van die appèlhof in Bloemfontein en my pa, Theuns, is ’n prokureur en my ma, Elize, ’n regter.”

Bonnie het as kind diep onder die indruk gekom van haar familiegeskiedenis toe hulle gereeld op die familieplaas, Onze Rust, in die Vrystaat gaan kuier het.

“My oom Colin het ’n kamer op Onze Rust waar hy artefakte uit die Anglo-Boereoorlog uitstal. Hy versamel gewere, vlae, foto’s en boeke. Hy’t altyd vir ons stories vertel oor die Boereoorlog en die rol van my grootoumagrootjie, Tibbie.”

Die Steyn-vroue is sterk en hardkoppig, sê Bonnie. Soos haar groottante, die teatervrou Nerina Ferreira, wat onlangs op 90 oorlede is. Sy was ’n kleindogter van oudpresident Steyn.

Toe Bonnie onlangs getroud is met Antonie Basson het sy haar van behou.

“Dis veral in die regsberoep ’n bekende en formidabele naam. Dis nie iets waarvan ek sal wil afstand doen nie, al bring dit druk mee om te presteer.”

Het haar bekende van vir haar deure oopgemaak? Sy is immers by ’n regsfirma aangestel terwyl haar pa ook daar gewerk het.

“Ek is seker daar was kollegas wat gedink het dis nepotisme. Maar my pa is nou nie meer by die firma nie en ek dink mense besef my bydrae is ’n bate. My herkoms is nie iets waaraan ek swaar dra nie.”


SARAH BOESAK (20)



Sy was nog altyd bewus van die gewig wat haar van dra, sê Sarah Boesak. Dié dinamiese jong regsstudent aan die Universiteit van Kaapstad vertel haar vroegste herinneringe is van ’n politieke verhoog waar haar pa, Allan, en ma, Elna, die middelpunt was.

Later het sy van haar pa se rol as politieke aktivis in geskiedenishandboeke geleer en onder die indruk gekom van haar ma se statuur toe Elna by haar skool kom gesels het oor slawerny.

“Ek is veral trots op my ouers se rol in die struggle.”

Sarah het van kleins af gewoond geraak aan die fel openbare kritiek op haar ouers, veral nadat haar pa tronkstraf opgelê is weens bedrog en diefstal. In 2001 het hy ná ’n jaar presidensiële kwytskelding gekry.

“Vandat ek as kleuter saam met my ouers op voetsoolvlak met gemeenskappe te doen gekry het, het ek besef die meerderheid mense weet wat die waarheid is oor my ouers. Die drie beginsels wat my ouers by my ingeprent het, is om getrou te wees aan my eie potensiaal, om ’n positiewe verskil te maak, en om nooit veilig en gelukkig te wees ten koste van ander mense nie.”

Dis ook waarom sy in die regte studeer: “Want ek wil graag ’n euwel soos mensehandel bekamp.”

As sy eendag trou, sal sy ’n dubbelvan gebruik, want sy is baie verknog aan die Boesak-naam.

Haar eerste seun sal na haar ma se pa genoem word – Gerrit Renier Botha, ’n naam wat al vir gene-rasies in haar familie is.

Sarah sal haar kinders vertel van die “moed, waardigheid en integriteit” waarmee hulle grootouers terugslae oorkom het.

“Maar ek sal hulle ook vertel dat my ouers geweet het hoe om pret te hê deur te kook, goeie musiek en lekker dans. En ek sal vir hulle sê Allan Boesak was nie net die stigter van die UDF nie, hy was ook die man wat vir my ’n oorspronklike storieboek geskryf het toe ek tien geword het.”

DANETTE VERWOERD (21)



As jy die van hoor, dink jy onvermydelik aan die “vader van apartheid”, dr. Hendrik French Verwoerd, voormalige eerste minister.

Vir Danette Verwoerd van Pretoria is dit ’n vreemde gedagte dat sy ’n agterkleinkind is van ’n man wat so ’n bepalende rol in die land se geskiedenis gespeel het. Maar Danette se wêreld is ligjare hiervan verwyder – onder haar vriende op die Tukkie-kampus, waar sy vanjaar ’n honneursgraad in rekeningkunde doen, is talle swart en bruin studente, en deur

Danette se betrokkenheid by studente-sendingwerk het sy al na verskeie Afrika-lande gereis.

“Dis wonderlik om God se liefde uit te dra en vir mense hoop te bring,” sê die aantreklike brunet.

Danette was tien toe sy begin besef het wat haar oupagrootjie se rol in Suid-Afrika was.

“Ek het toe nog nie die hele konteks verstaan nie omdat ek nooit my oupagrootjie persoonlik geken het nie.”

Danette praat met deernis van haar grootouers aan vaderskant – oupa Daniël, ’n stil, beskeie man wat sterk trek op sy pa, Hendrik, en ouma Rina, ’n wetenskaponderwyseres. Haar grootouers het haar en haar sus, Ané (17), ’n liefde vir die natuur geleer, sê Danette. Sy sal altyd onthou hoe oupa Daniël haar van sterrestelsels vertel het.

Van Hendrik en Betsie Verwoerd se kroos van sewe het vier groot sukses behaal in die wetenskap en hulle nageslag het ook uitgeblink – Danette se pa, Frans, is ’n meganiese ingenieur.

“Mense sal soms negatiewe goed oor my oupagrootjie sê, maar ek deel nie die waardes en politieke idees waarvoor hy gestaan het nie.”

Danette vertel haar pa en ma, Leana, ’n kleuter-skoolonderwyseres, het nooit ’n groot ophef oor die familienaam gemaak nie. En rassisme is vir haar ’n onbekende begrip – ná haar ouers se egskeiding is haar pa getroud met Shereen, ’n Kaaps-Maleise meisie.

Die belangrikste lewensles wat Danette by haar ouers en grootouers geleer het, is respek vir mense.

“Hulle het my ook van vergifnis geleer. En dat selfs my oupagrootjie se generasie verdien om vergewe te word.”

Van die Verwoerd-afstammelinge woon op Orania, maar vir Danette is dit ’n vreemde konsep.

“Ek het ongelooflik baie respek vir oom Carel Boshoff as persoon (hy het Orania gestig), en al doen my familie soms goed wat ek nie verstaan nie of wat vir my vreemd is, hulle bly my familie en ek bly lief vir hulle.” 




Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Office Assistant

Durban
R 4 U Recruiters
R9 500 - R14 500 Per Month

Call Centre Agent (inbound)

Johannesburg
Purple Door Recruitment (Pty) Ltd
R3 000 - R5 000 Per Month

Pickers/Packers wanted

Pretoria
Purple Door Recruitment (Pty) Ltd
R850 - R1 200 Per Week

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!