Gouelokkies en die TT

2012-10-17 14:12

My vriendin het vir haar ’n TT gekoop. Ja, dis ’n kar, nie ’n bra-size nie. Sy het haar klein blou 2003-Toyota Carollatjie ingeruil vir ’n pikswart uit-die-boks Audi TT.

“Ja, ek weet ek gaan die volgende paar jaar net droë brood eet, maar ek verdien dit.” Hû? Waar is my gee-alles-én-myself-vriendin heen?

“Maar ek het dit klaar uitgefigure.

Ek gaan weer al wat geleentheid is, bywoon.” Ek lig my stomme wenkbroue. 

“Ja, man, as juniorjoernalis, toe ek R2,50 en ’n hot dog verdien het, het ons elke funksie bygewoon vir die gratis drankies en snacks. Deur die jare raak ’n mens dik vir gevulde eiers en selderystokkies en jy probeer jouself wriemel uit sosiale verpligtinge.” Ek knik instemmend.

“Wel, nooi my nou en ek’s daar! En al daardie orige mans wat my wil uitneem? Die antwoord is ja, solank my maag gedine en my kop gewine is, kan hy maar tot vervelens toe babbel oor sy nuwe nr. 7-yster.” Duidelik was sy al op so ’n date.

Nee, moenie my vriendin oordeel nie. Kom ek noem haar Gouelokkies.

Sedert ek haar ontmoet het, het hierdie fee-meisie my verbaas. Afrikaans, oopkop, maar vreeslik naïef, met ’n onwrikbare geloof in die goeie van die mensdom.

So ses maande terug los haar lewensmaat haar – vir SY soulmate. Gouelokkies was hartgebroke. Sy dag dan sy was sy liefdesbeertjie. En toe op ’n dag stap die beer weer by die deur van Gouelokkies se huis in. Platsak en hy wil weet: Wie het my pap geëet? Wie het op my stoel gesit? Wie het in my bed geslaap? Die soulmate sê hy
het die fout van sy lewe gemaak. Ek hou my asem op.

Gouelokkies sê vir die beer: “Move along Pooh.”

Sit voet in die hoek, Gouelokkies. Brand daardie TT skoon!  

Margit Meyer-Rödenbeck is die bekende vermaaklikheidster Dowwe Dolla se alter-ego!



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.